Spesiale foto’s vir koningin se 90ste jaar

Koningin Elizabeth II saam met haar honde

Koningin Elizabeth II saam met haar honde

Koningin Elizabeth II van Brittanje is vandag 90 jaar oud en een van die maniere waarmee die geleentheid gevier word, is ʼn reeks foto’s van haar saam met onder andere haar kleinkinders.

Duisende mense het koningin Elizabeth Donderdag gelukgewens met haar verjaardag in die strate van Windsor. Die koningin het die mense gegroet terwyl daar ʼn paar keer “Happy Birthday” gesing is. Die Britse monargie het Donderdag verskeie foto’s op sosiale media gedeel waaronder ’n foto van die koningin saam met haar kleinkinders en een van haar saam met haar honde.

Koningin Elizabeth is op 21 April 1926 gebore en is die langs dienende Britse monarg. Sy en haar man, prins Philip, is op 20 November 1947 getroud en sy is op 2 Junie 1953 gekroon. Die koningin het vier kinders, agt kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Koningin Elizabeth saam met twee van haar kleinkinders en haar vyf agterkleinkinders.

Koningin Elizabeth saam met twee van haar kleinkinders en haar vyf agterkleinkinders.

Agt interessante feite oor koningin Elizabeth:

  1. Sy het nie ʼn paspoort nodig nie aangesien Britse paspoorte as ʼn amptelike versoek in haar naam uitgereik word sodat die paspoorthouer toegelaat kan word om ander lande binne te gaan.
  2. Volgens ʼn dekreet wat in 1324 uitgevaardig is, is die koningin die eienaar van verskeie visspesies, walvisse, tornyne en dolfyne in Britse waters. ʼn Dekreet wat dateer van die 12de eeu het tot gevolg dat die koningin ook aanspraak kan maak op alle ongemerkte swane.
  3. Die koningin het al 129 lande besoek sedert sy gekroon is.
  4. Die koningin was die eerste staatshoof om ʼn e-pos te stuur.
  5. Die koningin en haar man, prins Philip, het dieselfde grootoumagrootjie koningin Victoria.
  6. Sedert die koningin gekroon is, was daar al sewe pouse, 11 Amerikaanse presidente en 12 Britse eerste ministers.
  7. Die koningin is tans die enigste staatshoof wat diens gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog.
  8. Daar is al 139 portretstudies van die koningin gedoen. (Bron: dpa)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Henda ·

As jy nie belangstel in dit nie hoef jy dit nie te lees nie ons ander stel wel belang en wil nie net van geweld lees nie al is dit n daaglikse gebeurtenis in ons land .

Petrus Kruger ·

n Merkwaardige dame wat n voorbeeld is vir baie
Geluk aan haar

christine ·

Geskiedenis is eending wat ek verstaan lank gelede en vandag, die mense hou nie van ons Afriikaners nie. Ons voorouers het vrek swaargekry en as hulle destyds hul sin gekry het het ons uitgesterf. So ja maak haar en gesin van vier geslagte nie skuldig nie ek duld vir Lizzie. Maar vir haar stry en baklei ek nie.

Xa ·

Ek gee niks om vir die imperialistiese instelling nie, die sisteem was verantwoordelik vir meeste van ons se voorouers se wrede dood.

Riaan ·

Nogal vreemd hoekom die mense wat verantwoordelikheid moet vat vir so baie ander se dood so lank lewe … Vat nou maar haar, Mandela. en Mugabe as voorbeeld.

Het sy in haar 90 jaar al ooit “sorry” gese vir die dade van haar Britse ryk ?

Elizabeth ·

Die Britte het foute gemask, die NP het foute gemaak en so ook elke ander land. Die Queen is n waardige dame en dwing respek af. Ek is ook nie een van die ‘royal’ aanhangers nie maar sy stel n goeie voorbeeld.

Arno ·

Baie geluk aan haar 90ste verjaardag. As sy soos haar ma is, gaan Prins Charles glad nie die troon eendag sien nie. Ons gaan seker nog haar 100ste verjaardag sien.

sarie van heerden ·

Baie geluk aan ‘n waardige dame en koningin op haar 90ste verjaardag. Nie net ‘n koningin nie maar ookk ‘n ondersteunende moeder en grootmoeder. Baie geluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.