Spesiale muntstukke om Trump-Kim-beraad te vier

Singapoer se goue muntstuk vir die Trump-Kim-beraad (Foto: Singapoer Munt)

Die Singapoer Munt het drie spesiale muntstukke bekendgestel vir die geskiedkundige ontmoeting tussen Amerikaanse president Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un wat Dinsdag plaasvind.

Die muntstukke herdenk die ontmoeting as ʼn “betekenisvolle tree tot wêreldvrede” en Singapoer se rol “as ʼn neutrale gasheer, en ʼn ekonomiese en veiligheidspoort tussen die Ooste en die Weste”, aldus die beskrywing op die Munt se webwerf.

Die Trump-Kim-beraad vind Dinsdagoggend by die luukse Capella-hotel plaas en dit is die eerste keer wat ʼn leier van Noord-Korea met ʼn Amerikaanse president, wat in daardie stadium aan bewind is, vergader. Kim het reeds Sondagoggend in Singapoer aangekom en Trump sal na verwagting later Sondag ook in Singapoer aankom. Die twee leiers sal albei afsonderlik met Singapoer se eerste minister vergader voor die geskiedkundige ontmoeting Dinsdag.

Een kant van die muntstuk is ʼn handdruk tussen die twee leiers met hul onderskeie landsvlae in die agtergrond. Die ander kant van die muntstuk is ʼn duif met “wêreldvrede” daaroor geskryf.

Die muntstukke is in drie verskillende weergawes beskikbaar: nikkel, fyn silwer en fyn goud. Dit word te koop aangebied teen 36 Singapoerse dollar (ongeveer R352) vir die nikkelweergawe tot 1 380 Singapoerse dollar (ongeveer R13 500) vir die goue weergawe.

Die Withuis het op 22 Mei ook gedenkmuntstukke vrygestel. Die Amerikaanse muntstuk, wat teen $49 verkoop word, is die profiele van Tump en Kim wat na mekaar kyk en Air Force One wat oor die Withuis vlieg aan die agterkant. ʼn Foto van dié muntstuk sal egter eers vanaf 12 Junie 2018 vrygestel word.

Slegs ʼn beperkte hoeveelheid van die muntstukke word beskikbaar gemaak.

Koop die verskillende muntstukke onderskeidelik by die Withuis of Singapoer Munt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trump is wonderlik ·

Die amerikaanse werkloosheidseifer is die laagste in moderne geskiedenis van amerika, en hy bring vrede. Hy is n held.

Wiehan ·

Viva Meneer Donald Trump. Jy is die eerste president wat presies doen wat hy bel oof het. Die Here seën jou.

Lerato ·

Trump gaan staal invoere uit Suid Afrika swaar belas. Wat tot groot werk verliese vir ons gaan wees. En dan dink Suid Afrikaners hy is n held.

Wordwakker ·

As ons nie kompeterend is in staal nie dan is dit so. Welkom in die wereld van kompetisie.

Pietman ·

Nobelprys vir vrede? Media ?? Ek meen Obama het een gekry slegs drie maande na hy President geword het. Die VSA het onder hom Siriese rebelle bewapen en Libië gebombardeer. Die uiteinde was die opkoms van ISIS en ‘n groot vlugteling krises na Europa.

Lerato ·

Pietman
Doen asb bietjie navorsing voor jy jou naam met n plank slaan

Kaufman ·

Pietman is reg. Dit was wat obama, of eintlik sy befondsers, se nalating was. Die wereld is besig om wakker te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.