Spesiale prys vir man wat KFC se ‘geheim’ ontdek

“Drome word inderdaad waar.” Só het Mike Edgette op Twitter geskryf nadat hy ʼn spesiale prys ontvang het omdat hy op KFC se “geheim” op sosiale media afgekom het.

Edgette het op 19 Oktober op Twitter ontdek dat dié kitskosgroep slegs 11 mense op Twitter volg, ses mans met die voornaam “Herb” en vyf Spice Girls (Victoria Beckham (“Posh Spice”), Melanie Brown (“Scary Spice”), Melanie Chisholm (“Sporty Spice”), Emma Bunton (“Baby Spice”) en Geri Halliwell (“Ginger”) – die “11 herbs and spices”, die resep waarvoor KFC bekend is.

Hy het op Twitter geskryf: “.@KFC volg 11 mense. Daardie 11 persone? 5 Spice Girls en 6 ouens met die voornaam Herb. 11 Herbs & Spices. Ek het tyd nodig om dit te prosesseer.”

Twitter-gebruikers het vinnig op dié boodskap reageer en dit is intussen reeds deur meer as 323 000 persone gedeel.

Edgette het op 4 November ʼn groot verrassing gekry: KFC het ʼn spesiale skildery laat maak waar hy – met ʼn KFC-hoenderboudjie in die hand – geabba word deur die bekende kol. Sanders.

Hy het glo ook 52 KFC-geskenkbewyse ter waarde van $5 ontvang met ʼn briefie deur die kolonel, glo ʼn dankie-sê dat hy die ontdekking op Twitter gemaak het.

Edgette het gerugte, dat hy vir KFC werk, afgelag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LBS ·

Dis nou oulik, mooi skildery ook :) (Darem iets in ligte luim)!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.