Spoelklippies op Mars gevind

Foto: EPA

Curiosity, Nasa se mobiele verkenninglaboratorium wat onlangs op Mars neergelaat is, het spoelklippies in die oorblyfsels van ‘n ou stroompie gekry. Die spoelklippe wissel in grootte van sandkorrels tot gholfballe. Die groter klippe is te groot om deur wind rondgewaai te kon word.

Die navorsers lei aan die grootte van die spoelklippies af dat die stroompie se water teen ‘n meter per sekonde gevloei het, en dat die water tussen enkel- en heupdiepte was. Nasa het die vonds as “opwindend” beskryf.

Dit is nog onbekend hoe lank vloeibare oppervlakwater op Mars aanwesig was, maar Nasa meen dit kon duisende tot miljoene jare gewees het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.