Chinese argeoloë glo hulle het die oorblyfsels van die hoofstad van die antieke Syroete gevind.
Die hoofstad is glo diep in die LopNur-woestyn in die noordweste van China, en was ’n ronde stad met ’n deursnee van 300 meter.
’n Muur van 2,2 tot 2,7 meter hoog was om die stad, Loulan, gebou, maar net dele daarvan is weens winderosie nog oor. Dié muur het op die wal van die Kongquerivier gestaan.
Verskeie argeologiese artefakte wat op die toneel gevind is, bevestig dat dit eens die hoofstad van die Loulan-koninkryk was.
Die stad is ongeveer 2 000 jaar oud.
Die koninkryk se hoofstad is verskeie kere na nuwe terreine verskuif. Die stad wat nou gevind is, het tydens die Tang-dinastie, wat van 618-907 nC bestaan het, heeltemal verdwyn.
Bron: South China Morning Post
Baie, baie interessant, nou wonder mens natuurlik oor die hoekom en waarom van die verdwying ens. Dankie Herman!
Gelukkig kan kolonialisme nie die skuld kry vir die “tot niet gaan” van hierdie hoofstad nie!
Herman, ek geniet jou antropologiese en geskiedenis artikels!
Stuur ‘n afskrif na Luthuli-huis.