Sportegpaar se kind sterf tragies

Emmy Miller (Foto: Instagram)

Die 19 maande oue dogtertjie van die voormalige Amerikaanse Olimpiese skiër Bode Miller is Sondag dood toe sy in ʼn swembad verdrink het.

Miller (40) het Maandag op Instagram geskryf dat die familie “heeltemal verpletter” is.

“Ons babadogtertjie, Emmy, is gister dood. Nooit in ʼn miljoen jaar het ons gedink ons sal pyn soos dié ervaar nie,” het hy geskryf onderaan ʼn foto van sy dogtertjie met ʼn lawwe pienk blomme-hoed op haar kop.

Miller is een van die suksesvolste Amerikaanse skiërs tot op hede, met ses Olimpiese medaljes, onder meer ʼn goue medalje wat hy op die 2010 Spele verower het.

Miller en sy vrou, Morgan, ʼn professionele vlugbalspeler, was Sondagaand by ʼn partytjie toe die voorval plaasgevind het. Hul dogtertjie het op een of ander manier weggeglip en in die swembad beland.

Bode Miller en Morgan Bench, Emmy se ouers (Foto: Instagram)

Morgan het ingespring en haar dogter probeer red. Paramedici het met die peuter na ʼn hospitaal gejaag, maar sy kon nie gered word nie.

“Emmy se liefde, haar lig en haar gees sal nooit vergeet word nie. Ons klein dogtertjie was lief vir die lewe en het elke dag voluit geleef,” het Miller verder op Instagram geskryf.

Die egpaar het ʼn seun en Morgan is tans swanger. Hulle is in 2012 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GM ·

Dis vreeslik dat klein kindertjies so moet doodgaan. Dit maak my baie kwaad en hartseer. Ek weet dat ongelukke gou gebeur en dat die selfverwyt aan die ouers gaan knaag, maar… Rus in vrede kleinding. Sterkte aan die ouers.

Didi ·

Hartverskeurend. Wanneer gaan ouers besef dat n oop swembad groot gevaar is vir klein kindertjies. Dink nie ouers kom ooit oor so n tragedie nie.

Katerina ·

Ag nee dis afgryslik,so n lieflike ou blommetjie!!! My hart gaan uit na hierdie ouers,ek kan my die pyn skaars voorstel. So bitter jammer om dit te sien!

Katerina ·

Ag nee dis afgryslik,so n lieflike ou blommetjie!!! My hart gaan uit na hierdie ouers,ek kan my die pyn skaars voorstel. So bitter jammer om dit te sien!

jakes ·

Moet seker die ergste pyn meebring om so n pragtige kindjie op so n wyse te verloor. Mense met swembaddens moet liefs pro-aktief optree as re-aktief.

Gesiggie ·

Die lewe neem, maar die Lewe gee… my hart is stukkend, die mooiste klein engel kind… dit is regtig so hartseer, mag Jesus jul dra deur die hartseer tyd.. jul is n pragtigge gesin… en ek kan net dink hoe ongelooflik liefe jul was vir Emmy… n ongeluk gebeur so vining.. mense hou kinders weg by n swembad, of sorg dat die swembad toe is… dit is nie veilig.. RIP klein Emmy Engel kind…. my hart huil saam die ouers

Oom Kalahari ·

Dit is so hartseer en verdrietig. RIV jongeling in die Huis van ons Hemelse Vader. Alle medelye en sterkte aan die familie en maatjies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.