Spotify se aandele tuimel

Joe Rogan (Foto: Carmen Mandato/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Spotify-aandele het Woensdag getuimel nadat die musiekstroomdiens aangekondig het dat hulle ’n laer winsmarge vir sy volgende verdienstetydperk voorspel.

Die onderneming het aangekondig dat die vierde kwartaal se 180 miljoen‑voorkeurintekenaars in lyn is met wat vroeër voorspel is, maar dat die prentjie vir die eerste kwartaal in 2022 heelwat anders lyk.

Die musiekstroomdiens voorspel dat die winsmarge van 26,5% tot 25% gaan tuimel, en dat daar slegs 3 miljoen nuwe intekenaars in die eerste kwartaal vanjaar gaan wees – wat aansienlik minder as vorige kwartale is.

Hierdie aankondiging het daartoe gelei dat aandele in Spotify met 10% getuimel het.

Die organisasie het dit egter duidelik gemaak dat dié negatiewe voorspelling nie verband hou met die onlangse Joe Rogan-polemiek nie.

Luidens ʼn mediaverklaring, is die verbruikerstendense van die stroomdiens se podsending-afdeling steeds sterk.

Daniel Ek, die uitvoerende direkteur van Spotify, het benadruk dat dit nog te vroeg is om die impak van Rogan se kontroversiële gesprekke te meet.

“In die verlede kon ons die impak van soortgelyke gebeurtenisse eers na ʼn paar maande meet, nie ʼn paar dae nie.”

Hy het dit ook duidelik gemaak dat daar van nou af ʼn inhoudswaarskuwing gegee sal word indien die gesprekke enige Covid-19‑verwante temas bevat.

Dit volg na talle musikante daarop aangedring het dat hulle musiek van die platform af verwyder word, en talle mediese kenners gewaarsku het dat Rogan “valshede oor die Covid-19 inenting versprei”.

Ek het verduidelik dat die onderneming daarvan wegskram om beleide ter wille van een inhoudskepper te verander.

“Ons probeer om ʼn balans tussen kreatiewe uitdrukking en die veiligheid van ons gebruikers te vind.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek wens ons kon op ‘n 25% winsmarge opereer. Dit sou darem nou smaaklik wees!

VaalDonkie ·

Facebook, oftewel Meta, het ook 28% getuimel, so iets groter is hier aan die gang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.