Sprokiespad in Nederland

sustainable_highway_2“Dit lyk soos ‘n toneel in ‘n sprokie as die pad se glimstrepe in die nag voor die motor opdoem,” sê Daan Roosegaarde, die man agter die konsep wat nou op 500m-pad in Nederland op die proef gestel word.

Die idee is om die koste van straatbeligting te vervang met gloeistrepe wat agt uur lank na dit sonlig gekry het, sal gloei, en die sprokiestoneel tot gevolg het.

Ten spyte van die sprokiestoneel kon Roosegaarde se Studio Roosegaarde nog nie enige kontrak losslaan nie.

“Burokrasie,” sê Roosegaarde, wat bekend is vir sy revolusionêre idees.

Dit is, volgens hom, ook die rede waarom sy “rookmisvakuum” nog nie die groen lig in China kon kry nie, waar onder meer die hoofstad Beijing gereeld onder rookmis verstik. Sy toestel om die rookmis “weg te suig” werk met elektrostatiese velde.

Intussen sal die glimstrepe se duursaamheid teen wind en weer nou getoets word.

Bron: W.I.R.E.D. uk,  ABC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.