Spykerskriftablette oor ballingskap van Juda in omstredenheid

Een van die kleitablette. Foto: Skermskoot/Bible Lands Museum Jerusalem/YouTube

Een van die kleitablette. Foto: Skermskoot/Bible Lands Museum Jerusalem/YouTube

Kleitablette wat 2 500 jaar oud is en uit die suide van die teenswoordige Irak kom, is volgens spykersrifdeskundiges die oudste geskrewe bewyse van die ballingskap van Juda in Babilonië.

Die tablette word nou in Jerusalem uitgestal.

Die omstredenheid is egter van ’n baie later periode – die periode na Amerikaans-geleide magte Irak ingeval en van die diktator Saddam Hoessein ontslae geraak het. Die kundiges meen die tablette is deur smokkelaars in antieke ware aan die huidige eienaar verkoop.

Die eienaar hou vol dat hy die stukke “dekades voor die inval” wettig bekom het.

Argeoloë is uiters bekommerd oor die wêreldwye smokkel in antieke materiaal, maar veral Sirië en Irak waar chaotiese toestande heers. Sommige kenners meen selfs dat die terreurorganisasie, die Islamitiese Staat (IS) van die antieke skatte plunder om sy militêre aktiwiteite te finansier.

Van die antieke skatte is onherstelbaar beskadig.

Spykerskrifdeskundiges glo egter dat die kleitablette dit nie op ’n ander manier heelhuids tot in die hande van deskundiges sou vind nie.

Lees die volledige artikel in Phys.org.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dave ·

Hierdie is ‘n onderwerp waarvan ateïste niks weet, Pierre. Dit is ‘n vak vir kundiges. Die ateïste ken net een stel versies en jy sal hulle altyd hoor dieselfde rympies oor en oor sê. Jy kan hulle mos nie wil betrek in iets waarvan Dawkins & kie hulle nie leer nie.

Coetzee ·

Atëiste glo nie aan enige van die Gode wat deur mense uit gedink was nie.

Coetzee ·

Arëiste glo nie in Gode wat deur mense uit gedink is nie.

Dave ·

Sien jy nou Pierre.. hier bewys Coetzee dit ook. Herhaal dieselfde sinnetjies soos ‘n pappegaai.
Hulle sal nie verstaan nie. Bloot pappegaaie wat Dawkins & kie napraat.

Grassie ·

Die Bybel is, behalwe vir sy geestelike waarde, ook die enigste betroubare geskiedenisboek rondom die wel en weë van die volk Israel vir ‘n paar duisend jaar. Daar word gereeld argeologiese ontdekkings gemaak, soos hierdie kleitablette by voorbeeld, wat die korrektheid van die Bybelse geskiedenis bevestig. ‘n Ander groot vonds was die geskrifte wat by Qumran ontdek is. In Psalm 137 word geskryf dat die Israeliete, toe hulle weggevoer is na Babilon, so mismoedig was dat hulle hul siters langs die riviere van Babel aan die wilgerbome opgehang het. ‘n Muurpaneel wat ‘n klompie jare gelede in daardie gebied oopgegrawe is toon Babeloniese soldate wat besig is om Israeliete aan te jaag. In die agtergrond staan ‘n paar wilgerbome waaraan siters hang.
Ek dink hierdie absolute korrektheid van die Bybel is ‘n seer puntjie vir die ongelowiges.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.