Sri Lanka spog met eerste olifant-tweeling in 80 jaar

Surangi en haar olifant-tweeling (31 Augustus 2021) (Foto: Pinnawala Elephant Orphanage/AFP)

ʼn Olifantweeshuis in Sri Lanka, Pinnawala Elephant Orphanage, het Dinsdag ‘n seldsame tweelinggeboorte aangeteken toe die 25-jarige olifant, Surangi, twee gesonde manlike kalwers in die lewe gebring het.

Volgens olifantkenner Jayantha Jayewardene is dit die eerste olifant-tweeling wat sedert 1941 in aanhouding in Sri Lanka gebore is.

“Dit gaan goed met die kalwers en die ma, het Renuka Bandaranaike, hoof van die Pinnawala Elephant Orphanage, aan AFP gesê. “Die babas is relatief klein, maar hulle is gesond.”

Surangi het in 2009 geboorte aan ‘n kalf geskenk en dit is die tweede keer wat sy dragtig geraak het. Die 17-jarige pa, Pandu, is ook een van die 81 inwoners by die weeshuis, wat in 1975 opgerig is om verlate wilde olifante te versorg.

Die fasiliteit, ‘n gewilde toeristebestemming, is egter vir besoekers gesluit weens regulasies teen Covid-19.

Natuurbewaarders het verlede jaar gesê die eerste tweeling waarvan hulle weet wat in die natuur in Sri Lanka gebore is, is by die Minneriya-reservaat in die ooste van die eiland opgemerk.

Talle welgestelde Sri Lankane, insluitend Boeddhistiese monnike, hou olifante as troeteldiere aan om met hul rykdom te spog, maar daar is egter baie gerugte oor olifant-mishandeling. Die regering het streng regulasies ingestel om die diere, wat in die hoofsaaklik Boeddhistiese nasie as heilig beskou word, te beskerm.

Diegene wat die nuwe wet oortree se olifant sal in staatsversorging geplaas word en hulle kan tot drie jaar tronkstraf gevonnis word.

Amptelike rekords dui aan daar is ongeveer 200 mak olifante in Sri Lanka en ʼn beweerde 7 500 in die natuur.

Dit is ʼn kriminele oortreding om wilde olifante te vang en oortreders kan doodstraf opgelê word, maar vervolging is seldsaam.

Aktiviste sê meer as 40 baba-olifante is die afgelope 15 jaar uit wildtuine gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henry ·

Hoe tragies is daardie kettings om die voete. ‘n Tweeling gebore in ballingskap, die arme olifante! Mense kan darem maar wreed wees!

Prontuit ·

Storie sou baie groter impak gehad het as dit vry en natuurlik in die natuur was! arme ding met kettings maak ‘n goeie storie sommer suur

Toy ·

Hulle is so mooi, jammer vir die ketting wat om die ma se voet is.

Spookasem ·

Good heavens! A so-called Elephant orphanage that chains elephants! You are disgusting. Maybe take a few lessons from the elephant orphanage in Thailand. And from reading the article it is clear that Sri Lanka does not enforce its wildlife protection laws. Uuuggg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.