Staatsgeld betaal vir Swazi-koning se peperduur vuurwaens

swaziland

Swaziland spog met die mooiste landskappe. Foto: Thekingdomofswaziland.com

Koning Mswati III van eSwatini het die wenkbroue laat lig toe hy homself en sy hele harem “geseën het” met Rolls Royce-motors ter waarde van meer as R200 miljoen. Hy het boonop die regering opdrag gegee om vir hom ʼn bestelling te plaas vir 35 BMW X7-sportnutsvoertuie.

Die Swaziland Solidariteitnetwerk (SSN) het gal gebraak hieroor in ʼn persverklaring Sondag.

Die uitvoerende hoof van die koning se kantoor het aan Swaziland News Online gesê die motors is nie met belastingbetalers se geld gekoop nie, maar is deur die koning se spesiale spaargeld gefinansier. Die ou motors wat die koning se vroue gebruik het, is verkoop om die nuwe voertuie mee te koop. Die res van die geld is gesubsidieer deur die koninklike fonds wat deur die parlement goedgekeur is.

Maar SSN sê daar was geen ou voertuie om te verkoop nie en selfs as daar was, is dit aanvanklik aangekoop met belastingbetalers se geld. “Dit is ook welbekend dat die koning voortdurend sy vingers in die nasionale geldkis druk wanneer hy geld nodig het, ten spyte van die obsene 800 miljoen Amerikaanse dollar wat hy jaarliks uit die nasionale begroting ontvang,” lui SSN se persverklaring. “Selfs die twee stralers wat hy besit is met belastingbetalers se geld aangekoop.”

SSN sê koning Mswati het die afgelope jare bewys hy is een van die selfsugtigste konings in menseheugenis en sy mees onlangse optrede bewys dit. “Hy doen dit [die aankoop van die motors] in ʼn land wat in ʼn diep krisis verkeer wat betref die toenemende vlakke van armoede en ʼn gesondheidstelsel wat heeltemal inmekaar gestort het. Hospitale is nou wagkamers vir die dood,” sê Luke Lukhele, SSN se woordvoerder.

SSN doen nou ʼn beroep op die burgers van Swaziland om saam te staan en in opstand te kom teen die “grootskaalse plundery van swaarverdiende belasting deur die onbeskofte koning Mswati. “Dit kan nie wees dat ʼn hele nasie gevange gehou word deur een man en sy familie nie,” sê Lukhele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wonder net ·

Dit is hoe die leiers dit in Afrika doen.
Praat van US$ subsidie.
Hoeveel dra ons jaarliks by vir Swaziland se uitgawes?

Mieke ·

Ai, lyk my dis gineties……
Die korrupsie hier laat mÿ moedeloos voel, maar lyk my ons is nog maar eers in ons kinderskoene wat korrupsie betref.
Hoe moet daai arme, honger mense voel?

Gert van Wierdapark ·

Eerder die Koning van geldmors – wat n flippen skande!!!

Andrea van Vuren ·

Hy het dit by sy rolmodel langsaan, oompie Zuma geleer!

Ben ·

…..en so volg die koning bloot die geld truuks wat sy buurland se kiesers nog steeds met die belastingbetalers se geld pleeg…..

Stof ·

Elkeen van ons ontvang maar soms geskenke.
My werkgewer het my geseën met ‘n amptelik Uno, maar ek weier om sleg te voel daaroor.

Joubert ·

So as ek voel ek wil nou nie persoonlik help bydra vir die koning van Swaziland se luukse vloot voertuie met my belastinggeld nie – ek sal dit bv. dalk eerder vir my naaste mense se opvoeding en gesondheid wil aanwend – wat staan my nou te doen?

O wag, ek het geen keuse hieroor nie. Ek MOET dit gee vir wie ook al die (op hierdie stadium ANC) regering besluit dit moet kry.

Is hierdie wêreld nie belaglik nie!?

Daan Erasmus ·

Baie van Afrika se moeilikheid is ons Koloniale Erfenis. Dit is veral Brittanje wat van die idees en voorbeelde hier aangebring het. Die Britse Eerste minister het nie net 2 termyne nie, maar onbeperk de termyne. Om nie te praat van die Britse Koningshuis nie.

thinus erasmus ·

Liewe Daan, elke mens het ń verstand gekry en neem sy eie besluite. En as enige leier of heerser nie sy eie verstand gebruik nie, kan ek maar net sê: Mari-Antoinette, mag die koppie waai.

Ella ·

Wat doen hierdie sogenaamde konings vir SA?
Al woon hulle in n “pragtige land ” besoek geen toeriste hul land om geld in te bring
Hulle wys openlik vir mnr Tito Mboweni n
vinger veral na sy toespraak oor duur karre vir almal.
Dis verskriklik hoe hulle kan geld mors terwyl die land geldelik in die nood is.

Sonja ·

As jy terug kyk in die geskiedenis, so na Marie Antoinette se tyd, is dit tradisie om die gepeupel honger te laat lei. Eish, hierdie mense gaan bitter swaar gestraf word!

JohanR ·

Die ou lewe beter as enige ANC president, minister, of koning in Suid Afrika die vir seker. Miskien lewe hy beter as Koningin Elizabeth, en dit met ons belasting geld! Hoekom word die kraan nie toe gemaak?

Willebees ·

Die woorde: “Parasiet” en “Luis”, kom onwillekeurig by my op. Ek wonder hoekom?

Paul ·

As die slaaf koning word – veval ‘n land in choas – sè die Prediker!

Willehond ·

So tipies van afrika! En hulle noem hulle self konings?? Selfs n leier bobbejaan sal dit nie aan sy trop doen nie! Wat se dit vir ons??

Christa ·

Die Nasie dink hulle Gaan geld saamvat hel toe. Neewat Satan het nie geld nodig nie. Hy Sal daarmee vuurmaak.

HPV ·

Absoluut geen veskil tussen Suid Afrika en Swaziland regerings, albei het hul lande tot armlastige rommelstatus regeer. Viva ANC en koning Mswati.

Ja-Ne ·

Ek sien van die lesers tas bietjie mis oor die voormalige Swaziland wat herdoop is na eSwatini. Hulle is dalk heeltemal reg, kanse is goed dat eSwatini (Swaziland) in elk geval deur RSA gesubsideer word erens. Deur die jare is baie konings/heersers uitgeskop – in Afrika vat dit bietjie langer maar kom met meer geweld as dit gebeur.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.