Staatsgreep glo in Soedan onderweg

Betogers naby die militêre hoofkwartiere in Kartoem, Soedan [9 April 2019]. (Foto: AP)

Volgens berigte is daar vermoedelik tans ʼn militêre staatsgreep in Soedan aan die gang en die moontlikheid bestaan dat pres. Omar al-Basjir kan uittree in die lig van voortgesette teenregeringsprotesaksie om aan te dring op sy bedanking.

Die weermag sal na verwagting binnekort ʼn “groot aankondiging” maak nadat protesteerders weer eens die strate ingevaar het.

Mumtaz News en Al Arabiya het Donderdagoggend berig die internasionale lughawe in Kartoem is gesluit, die weermag het die nasionale televisie- en radio-uitsaaier oorgeneem en verskeie top-leiers is glo in hegtenis geneem. Volgens dié berigte is die weermagleiers tans besig om agter geslote deure te vergader.

Hierdie jongste verwikkelinge kom nadat Ahmed Khalifa al-Sjami, ʼn woordvoerder van die Soedannese gewapende magte, Woensdag ʼn verklaring teruggetrek het waarin hy gesê het ʼn besluit om betogers wat buite die weermag se hoofkantoor betoog gewelddadig uitmekaar te jaag is gekanselleer.

Betogers naby die militêre hoofkwartiere in Kartoem, Soedan [9 April 2019]. (Foto: AP)

Basjir het die veiligheidsmagte opdrag gegee om die massabetogings te beëindig wat oor die naweek begin het. Militêre leiers het egter Basjir afgeraai om dié roete te volg uit vrees dat dit tot wydverspreide lewensverlies kan lei.

Intussen het junior offisiere met veiligheidsmagte gebots terwyl hulle probeer het om betogers van die weermag te beskerm. Dit het tot talle sterftes gelei, baie daarvan lede van die veiligheidsmagte.

Die regering en sy alliansiepartye het ook ʼn veldtog wat vir vandag beplan was gekanselleer. Die veldtog genaamd “Soedan Sekuriteit en Stabiliteit” sou naby die presidensiële paleis gehou geword het. Basjir sou die skare by die Al-Shuhadah-tuin toespreek, etlike kilometer van die weermag se hoofkwartiere.

Die veldtog is egter op die nipper gekanselleer toe die betogings buite beheer begin raak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ilse Young ·

Weermag het reeds aankondiging gemaak.
Euforia hier op strate, baie groot weermag verteenwoordiging oral tans. Lt. Gen. Imaad Adawi voormalige Army Chief of Staff is tans in beheer. Geen nuus oor Bashir egyer sover, vlugte land wel en Saudi airlines nou net opgestyg. So hard gebid en hou aan bid vir die Sudanese. Ongelooflike mense. Tasgot bas!

Devill ·

Ek het weer gehoor dit is Bin Awf wat in beheer is.

Die beteken glo nog meer ondrukking vir die Sudanese!

Andreas ·

Blaas my siel, en toe gebeur dit nou in die verkeerde land.

Cor ·

Hou die pers en nuus dop El Bashir is weer oppad om in SA op die belasting betaler se koste te kom rus soos al die amder mense regte onderdrukkers

Susan ·

Ek is seker daar is plek in Nkandla vir hom want Zuma is mos sy beskerm engel

John ·

… en ook vir Omar se oliegeldjies want hy is mos ‘n Zuma-liefie. Tensy Swaziland nog plek in sy kluis het. Die ongeluk met sulke trommels is dat ander handjies nie uitbly nie en geen hof genader kan word om dit terug te kry nie. Switserland is ‘n ou kalant wat die truuk ken.

Devill ·

Sosiale media uit Sudan:
“As usual, I agree: in the video, he says this new transitional government can stay from anywhere from 1 to 10 years as long as it delivers the ICC wanted criminals to the ICC. It displays a commitment to change.

While I think the time limit is important – 1 year is my ideal, 4 years I will tolerate under the conditions of the Declaration of Freedom and Change – I 100% agree that the criminals should be turned in to the ICC. It’s a boost for Sudan’s international relations, it displays commitment to human rights, and it’s the manifestation of many of those people’s worst fears.

إن شاء الله

Edit: The live also gives this badass phrase: “The nation that brought down a government that’s been in place for 30 years can bring down a government that’s been in place for 3 hours.” No to any half-half solutions or compromises. It’s the will of the people or nothing else.”

MANIE ·

Aaag moeder. Hier gaan nog n anc bondgenoot en diktator tot niet. Hoop dit laat die klein diktators in die regering twee keer dink. D ie probleem in afrika is die sogenaamde leiers is buitensporig geldgierig

J ·

Afrika lande . Wil voorkom of dit nou algemeen toeneem om Staatsgrepe af te dwing sodra hulle eie mense begin teen hulle leiers begin optree wat hulle self gekies het.

Anoniem ·

Jan Botha, ek stem HEEL SUID – net voor Hulle die SEE kry ? ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.