‘Stabiele Zimbabwe in SA se beste belang’

Rob Davies, minister van handel en nywerheid. Foto: ANA

ʼn Onbestendige en sukkelende Zimbabwe is nie in Suid-Afrika se landsbelang nie en die regering sal alles in sy vermoë doen om dié buurland by te staan.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het tussen sessies by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gesê Suid-Afrika oorweeg watter bydrae hy kan lewer om die krisis in Zimbabwe die hoof te bied.

“Ons moet verstaan dat ʼn bestendige Zimbabwe wat ekonomies vooruitgaan in ons landsbelang is en as ons nie ʼn stabiele Zimbabwe het wat ekonomies kan vorder nie, sal Suid-Afrika daaronder ly en dis nie iets wat ons wil hê nie,” het Davies gesê.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdag gesê Suid-Afrika sal die buurland ondersteun hoe hy ook al kan, maar binne die raamwerk van wat moontlik en bekostigbaar is.

Sisulu het gesê Suid-Afrika is gedurig in verbinding met Zimbabwe.

“Ons is gereed om hulle bystand te bied waar ons ook al kan. Ek is nie seker of dit geldelik sal wees of watter soort hulpleniging ons kan bied nie. Ons steun sal natuurlik afhang van watter soort bystand ons kan bied…. Dit sal nie noodwendig wees wat hulle nodig het nie, maar wat ons kan bekostig.”

Luidens berigte het Suid-Afrika ʼn versoek van Zimbabwe in Desember vir ʼn lening van R16,6 miljard geweier.

ʼn Reusetoename in dié land se brandstofpryse het onlangs gelei tot betogings, wat in onluste ontaard het toe die veiligheidsmagte in hoofsentrums soos Harare en Bulawayo met geweld op oproerige skares gereageer het.

Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa was veronderstel om die beraad in Europa by te woon ná ʼn staatsbesoek aan Rusland, met sy superweelderige gehuurde Boeing 787 Dreamliner, maar het Sondag besluit om weens die krisis in sy land huiswaarts te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris

Minister Davis, ons het nou al baie meer as die 11 amptelike tale binnelands agv die mense wat die landsgrense van die noorde af die afgelope jare binne gestroom het. Hier moet al ‘n paar miljoen wees wat druk op die ekonomie plaas, ook skole en mediese sorg. Net gister het daar nog 130 000 vanuit Zimbabwe ingestroom en daar is nog op pad. Cyril loop op eiers in Davos. Aan die een kant spog hy met hoeveel beloftes hulle gekry het, maar aan die anderkant moes hy daar toegee dat korrupsie in die land is baie erger as wat… Lees meer »

Elize

‘n Bestendige Zimbabwe! Ja right. Hulle het die land van melk en heuning hier by ons ontdek en daarom sal dit nooit beter gaan by hulle nie. Baie jare terug het ek die volgende gehoor “hulle is papaangedrewe onkruiddoders”. So of hierdie geplaas gaan word glo ek nie want afvaardigers van die heersende party besluit wat geplaas gaan word en wat nie

Alida

Zim was vroeer die broodmandjie nou het hulle alles verwoes. Nou soek hulle hulp. Dink nie.

John

Waar val Davis nou uit. Hierdie man se departement bestaan nie meer nie, maar hy gaan skotvry. Nou nadat al die Zims hier bly wil hy lewe gee aan die Zimmieblik? Hierdie minister moes al lankal die trekpas gekry het. SA kan nie eers sy eie gemeenskappe dra nie. Of wag ons vir hulp vanaf die IMF? Hoeveel kry ons reeds van die bank? Die DA kan gerus uitvind.

Kobus

Toe die blanke boere se plase afgevat is, het ons regering stille diplomasie voorgehou vir hul stilswye en gebrek aan ondersteuning. Nou wat het nou verander dat hulle skielik wil help. Waar is hul sogenaamde stille diplomasie