‘Stabiele Zimbabwe in SA se beste belang’

Rob Davies, minister van handel en nywerheid. Foto: ANA

ʼn Onbestendige en sukkelende Zimbabwe is nie in Suid-Afrika se landsbelang nie en die regering sal alles in sy vermoë doen om dié buurland by te staan.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het tussen sessies by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gesê Suid-Afrika oorweeg watter bydrae hy kan lewer om die krisis in Zimbabwe die hoof te bied.

“Ons moet verstaan dat ʼn bestendige Zimbabwe wat ekonomies vooruitgaan in ons landsbelang is en as ons nie ʼn stabiele Zimbabwe het wat ekonomies kan vorder nie, sal Suid-Afrika daaronder ly en dis nie iets wat ons wil hê nie,” het Davies gesê.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdag gesê Suid-Afrika sal die buurland ondersteun hoe hy ook al kan, maar binne die raamwerk van wat moontlik en bekostigbaar is.

Sisulu het gesê Suid-Afrika is gedurig in verbinding met Zimbabwe.

“Ons is gereed om hulle bystand te bied waar ons ook al kan. Ek is nie seker of dit geldelik sal wees of watter soort hulpleniging ons kan bied nie. Ons steun sal natuurlik afhang van watter soort bystand ons kan bied…. Dit sal nie noodwendig wees wat hulle nodig het nie, maar wat ons kan bekostig.”

Luidens berigte het Suid-Afrika ʼn versoek van Zimbabwe in Desember vir ʼn lening van R16,6 miljard geweier.

ʼn Reusetoename in dié land se brandstofpryse het onlangs gelei tot betogings, wat in onluste ontaard het toe die veiligheidsmagte in hoofsentrums soos Harare en Bulawayo met geweld op oproerige skares gereageer het.

Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa was veronderstel om die beraad in Europa by te woon ná ʼn staatsbesoek aan Rusland, met sy superweelderige gehuurde Boeing 787 Dreamliner, maar het Sondag besluit om weens die krisis in sy land huiswaarts te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Chris ·

Minister Davis, ons het nou al baie meer as die 11 amptelike tale binnelands agv die mense wat die landsgrense van die noorde af die afgelope jare binne gestroom het. Hier moet al ‘n paar miljoen wees wat druk op die ekonomie plaas, ook skole en mediese sorg. Net gister het daar nog 130 000 vanuit Zimbabwe ingestroom en daar is nog op pad.

Cyril loop op eiers in Davos. Aan die een kant spog hy met hoeveel beloftes hulle gekry het, maar aan die anderkant moes hy daar toegee dat korrupsie in die land is baie erger as wat hulle gedink het. (Die nou met die Zondo kommissie waar als oopgevlek word.)

Ons verstaan dus dat hierdie beloftes jare der jare gaan vat om te realiseer, ook die onstabiliteit, nie net in ons land nie, maar ook die van die lande waarvan ons vlugtelinge uit die noorde permanent in neem.

Elize ·

‘n Bestendige Zimbabwe! Ja right. Hulle het die land van melk en heuning hier by ons ontdek en daarom sal dit nooit beter gaan by hulle nie. Baie jare terug het ek die volgende gehoor “hulle is papaangedrewe onkruiddoders”. So of hierdie geplaas gaan word glo ek nie want afvaardigers van die heersende party besluit wat geplaas gaan word en wat nie

Alida ·

Zim was vroeer die broodmandjie nou het hulle alles verwoes. Nou soek hulle hulp. Dink nie.

John ·

Waar val Davis nou uit. Hierdie man se departement bestaan nie meer nie, maar hy gaan skotvry. Nou nadat al die Zims hier bly wil hy lewe gee aan die Zimmieblik? Hierdie minister moes al lankal die trekpas gekry het. SA kan nie eers sy eie gemeenskappe dra nie. Of wag ons vir hulp vanaf die IMF? Hoeveel kry ons reeds van die bank? Die DA kan gerus uitvind.

Kobus ·

Toe die blanke boere se plase afgevat is, het ons regering stille diplomasie voorgehou vir hul stilswye en gebrek aan ondersteuning. Nou wat het nou verander dat hulle skielik wil help. Waar is hul sogenaamde stille diplomasie

alida ·

Ag Kobus ons is op dieselfde pad maar CR loop met oogklappe op. Hy dans op eiers by hierdie sogenaamde beraad en skilder ‘n prentjie wat nie bestaan nie. Hy onderskat almal se inteligensie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dieselfde ou deuntjie…..oor en oor en oor….You break it, we’ll fix it. Niemand in Afrika neem verantwoordelikheid vir enige iets nie….en die blankes betaal, en gee, en kruip, en vra om verskoning, en Ubuntu, en reik uit, en gee en gee en gee….Daar is nou ‘n klomp kunstenaars wat hongers kinders by skole kos gee……en wat is die boodskap wat “Afrika” kry hieruit? You breed them…..we’ll feed them!!!

Jacques ·

Tipies Afrika lande, wil alles verniet he en dan as hul dit kry word dit vernietig en staan dan bakhand vir kos by ander lande. Dis ook ons voorland. Ons is reeds vinnig oppad daarna.

Ray ·

Sal nogal gaaf wees as hulle, hulle stellings verduidelik. In die week gesien dat 2 nuwe standbeelded in Durban die stad se “image” sal verhoog. Teen R 20 miljoen sal dit nogal gaaf wees om na die verduideliking ook te luister. Lyk my die redenasie vermoe is ‘n probleem.

Felix ·

DIT is nou BEE, en nie R20 000 per standbeeld nie, nee ‘n allamintige R20 000 000. Twintig Miljoen per standbeeld!

Mariana ·

Dit is als goed en wel om helpende hand uit te steek na Zimbabwe, maar die spreekwoord “Charity begins at home” is voorop in my gedagtes. Dit wat nou met Zim gebeur is ook ons voor land, maar die sogenaamde leiers in SA is mos horende doof en siende blind. Die regerende party en sy maatjies moet regtig mooi gaan dink oor sy planne vir SA…….

hendrik ·

Mariana, as hulle nie nou geld het nie gaan hulle in die toekoms nie geld he om terug te betaal nie. As ek dit weet behoort hierdie slim politici en staatsekonome dit ook te weet. China het alreeds finansiele hulp verleen om sodoende aanspraak op Zim se minerale te bekom en laat die land totaal bankrot.

Koos de Meyer. ·

Zim is al in die afgrond in nou wil hulle ons verder help In die afgrond in. Hier is al klaar hordes van hulle wat alreeds ‘n groot las op ons plaas. Hulle het daardie land opgemors en ons is volgende. Die melk is besig om hier op te droog.

Eish ·

Hulle moet die weelderige vliegtuig verkoop, dan kan hul so hul eie geld gebruik, i.p.v. om van SA te verwag om te help!

PaulV ·

Eish; die weelderige vliegtuig kan nie teruggegee word nie. Dit was ‘n gehuurde vliegtuig.

Henry ·

Waanbeelde van ‘n tipiese ou kommunis wat steeds rondstrompel in die Utopiese droomwêreld van ‘n uitgediende en gefaalde dogma.
Behoede ons tog van hierdie siele!
Sal nie verder uitbrei nie. In die (valse?) hoop dat hierdie poging nie soos gewoonlik in een of ander woordspietkop se Politiek Inkorrekte (PI) snippermandjie beland nie.

Grassie ·

Die Zim-burgers wat in ons land is gaan hier bly. Hulle sal miskien teruggaan om te kuier maar hulle kom weer terug. Dit is ‘n wêreldwye verskynsel. Mense van derde-wêreld lande stroom wêreldwyd na lande waar witmense in gevestig is want daar is infrastruktuur, miskien werk maar bo alles voedsel. Kyk maar na die mense van Noord-Afrika en die Midde Ooste wat na Europa stroom en die derduisende Suid-Amerikaners wat na die VSA op pad is, soveel so dat Trump ‘n muur wil bou om hul uit te hou. Die meeste van daardie lande se klimaat, natuurlike hulpbronne en minerale rykdom is groter as dié van die lande waarheen hulle op pad is – daar is net nie witmense nie. Dit dui op ‘n onvermoë om selfversorgend te wees en na hul eie veiligheid en ordelikheid om te sien. Despotisme, korrupsie, geweld en’n gebrek aan menseregte kom in al daardie lande voor. Ons land is ook op pad na derde-wêreld status en die witmense word minder want hulle (ons) word verstoot. Nou wonder ek waar gaan die mense suid van die ewenaar heen trek as ons almal uiteindelik verdryf is.

Ragie ·

Wat wou!! SA sê regering kan nie eens sy eie land red nie dat nog van n ander land nee kyk regtig. Pateties verby! SA gaan n 2de Zim word ons is sterk oppad soontoe! Al wie ons kan red is om terug te keer na ons God wat hemel en aarde geskape het Bid Bid en Bid…………

Lala Land ·

Kom ons ruil dan wys ons hulle ! Blankes vat Zimbabwe en die swart nasie kan SA kry… Alle blankes ontruim SA en alle swartes ontruim Zim… die boere afrikaanse volk sal Zimbabwe terug bewerk en bou na wat dit eens was as Rhodesië… SA sal dan heeltemal val na hoe Zimbabwe nou is. Dan sal die blanke nasie ook maar moet belê in n muur bou reg rondom voorheen Rhodesië en baie vinnig moet voorbeeld volg van hoe Israel homself veilig hou…

Stephen Namibia ·

Die volgende is feite en lees dit gerus op.
Vyf jaar terug het wit Zim boere in Nigerie aangekom en elkeen het 1000 hektaar op huurpag van die regering ontvang. Let wel dit was toegegroeide grond wat met GPS uitgemeet is!
Vandag floreer daardie gebiede waar wit boere gevestig het met elektrisiteit en skole en klinieke. Een blanke boer produseer die meeste kasava in Nigerie op 600 ha.!!
CR neem aub kennis.
Nigerie se invoere van graan het skerp afgeneem en die blanke boere beweeg vooruit.
Waar is die swartmense wat dieselfde geleenthede het en dit nie benut nie?
Die grond beleid van die ANC sal nie werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.