Stappers se lyke gevind toe gletser smelt

Mont-Blanc, soos gesien van die Brevent (Haute-Savoie, Frankryk), spesifiek van die Planpraz-stasie Foto: Tangopaso – eie werk via Wikimedia Commons

Bergreddingspanne in Italië het gesê hulle het die oorskot van twee, moontlik drie, stappers op ʼn gletser op Mont Blanc se suidelike helling gevind wat moontlik in die 1980’s of 1990’s gesterf het.

Delfino Viglione, reddingsbevelvoerder in die Alpe, het Vrydag gesê ʼn stapper het vandeesweek op die liggame afgekom toe hy op soek was na artefakte van dekades oue vliegtuigwrakke, insluitend die een in die 1960’s waar meer as 100 persone gesterf het.

Viglione het gesê ʼn beursie, wat aan ʼn Duitser behoort wat in die 1990’s verdwyn het, is in ʼn rugsak naby die oorskot gevind. ʼn Lyksbeskouer doen toetse op die oorskot om te bepaal of dit wel dié van die Duitser is.

Die oorskot is ontdek as gevolg van gletsers wat gesmelt het ná ʼn ongewoon warm somer in Europa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.