Star Wars-aktrise sterf

Carrie Fisher

Carrie Fisher

Die Amerikaanse aktrise Carrie Fisher, veral bekend vir haar rol as prinses Leia in die Star Wars-reeks, is Dinsdag oorlede.

Fisher (60) sterf net ʼn paar dae nadat sy ʼn hartaanval gehad het.

Sy het verlede Vrydag die hartaanval gehad op ʼn vlug van Londen na Los Angeles en sy is dadelik na ʼn hospitaal geneem toe die vliegtuig geland het.

Die familie het in ʼn verklaring gesê dit is met “diepe berou” dat hulle moet aankondig dat sy oorlede is. Volgens die verklaring is sy om 08:55 oorlede, ʼn woordvoerder namens Fisher se dogter Billie Lourd, gesê. “Sy was geliefd deur die wêreld en sal gemis word. Ons hele familie bedank die publiek dat julle aan ons dink en vir ons bid.”

Fisher het ook in flieks soos The Blues Brothers en When Harry Met Sally verskyn. Sy het verskeie boeke geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jakalas ·

Sy gaan gemis word, veral deur mense van die Star Wars gemeenskappe. Kan hierdie jaar nie nou net klaar kry nie? Te veel mense wie ek van gehou het (bekende mense, familie en vriende) is hierdie jaar geneem. Ek het juis nog gister gesê ek wonder wie gaan ook nie 2017 sien nie, lyk my dit was sy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.