‘Star Wars’ klop ‘Avatar’ by VSA-loket

"Star Wars" teenoor "Avatar"

“Star Wars” teenoor “Avatar”

“Star Wars: The Force Awakens” het ʼn rekord opgestel in Amerika by die plaaslike loket, het die Walt Disney Co. Woensdag aangekondig.

Die presiese getalle is nog nie bekend gemaak nie, maar die jongste uitgawe van Lucasfilm se Star Wars-reeks onder regie van JJ Abrams, het die $760.5 miljoen-rekord van James Cameron se “Avatar” verbygesteek.

Die fliek het teen Dinsdag plaaslik reeds meer as $758.2 miljoen by die loket verdien. Internasionaal staan die bedrag op $799.1 miljoen, altesaam dus meer as $1.55 miljard.

“Avatar” het egter wêreldwyd by die loket $2.79 miljard verdien, en Cameron se “Titanic” het $2.19 miljard wêreldwyd verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieringoog ·

Star wars bevorder Teosofiese idees, en Avatar Hindoeïsme, Panteïsme en Shamanisme. ‘n Kookpot van die okkulte en teenstrydig met God se woord.

Gerhard ·

Rerig? Wie is nou so kinderagtig om te glo waarvoor die ouens staan? Is He-Man ook nou verkeerd want hy was deel van die Masters of the Universe? Kom ons almal hou maar op TV kyk as dit die geval…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.