‘Stem van Formule 1’ Murray Walker oorlede

Murray Walker by Autosport International 2009 (Foto: Matthew Spencer – enormospenner – Flickr via Wikimedia Commons)

Murray Walker, die Britse uitsaaier wat as die “stem van Formule 1” beskou is, is in die ouderdom van 97 oorlede.

Walker het in die Tweede Wêreldoorlog gedien en oor meer as 30 jaar ʼn Formule 1-ikoon geword as kommentator vir die BBC en ITV. Hy was bekend vir sy passievolle styl terwyl hy kommentaar gelewer het. Sy eerste Grand Prix was vir BBC Radio by Silverstone in 1949.

In 1978 het hy ʼn voltydse F1-kommentator geword en eers sy mikrofoon opgehang toe hy in 2001 afgetree het ná ʼn 52 jaar lange loopbaan in die uitsaaiwese.

“Baie hartseer om van Murray se afsterwe te hoor. Ek het grootgeword met jou stem tydens die wedrenne,” het die sewe keer wêreldkampioen Lewis Hamilton gesê. “Jy het die sport soveel meer opwindend gemaak. Die ikoniese stem van ons sport en ʼn wonderlike mens. Dankie vir alles wat jy gedoen het, jy sal nie vergeet word nie. Rus in vrede.”

Walker is in die ouderdom van 89 met ʼn tipe limfoom gediagnoseer tydens toetse in die hospitaal ná hy tydens ʼn vakansie geval het.

Hy was bekend vir sy kennis van die sport en kleurvolle verbale “foute” wat deel vorm van sy nalatenskap. Dit sluit onder andere in: “There’s nothing wrong with the car except it’s on fire”, “Now excuse me while I interrupt myself”, “I’m ready to stop my start watch” en “Unless I’m very much mistaken… I am very much mistaken!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stefan ·

RIP Murray, jy was classic.
Denk nou terug aan ‘n keer wat ek F1 gekyk het wat maar redelik saai wad, gaan toe kombuis toe om koffie te maak toe ek skielik Murray vreselik opgrewonde hoor skree, ek breek omtrent my nek om weer by die TV te kom net om te sien niks het gebeur nie, gaan maar net so saai aan.

Dalk nie die beste kommentator oor sy klein mistakingtjies maar definitief die vermaaklikste.
Het hom regrig gemis toe hy ophou.

Friedel ·

Julle sê die “sewe keer wêreldkampioen”. In die ou dae sou ons sê die “sewemalige” kampioen. Ek dink dis steeds korrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.