Stemme in Georgia oorgetel; Biden wen steeds deelstaat

Joe Biden (Photo by JIM WATSON / AFP)

Die Amerikaanse deelstaat Georgia het alle stemme wat in die pas afgelope verkiesing uitgebring is per hand oorgetel en die uitslag bevestig weereens Joe Biden se oorwinning in dié deelstaat.

Dít volg midde Donald Trump se bewerings van grootskaalse stembedrog.

“Die oudit het bevestig dat die elektroniese telling van die stemme die wenner van die verkiesing akkuraat uitgebeeld het,” het Brad Raffensperger, staatsekretaris van Georgia, Donderdag gesê.

Biden is die eerste Demokratiese presidentskandidaat wat dié suidelike Amerikaanse deelstaat in byna drie dekades kon verower.

Trump se regsadviseur Jenna Ellis het egter reeds die uitslag gekap en gesê die Trump-kamp sal “alle regsopsies volg”.

‘n Kieser plaas vroeër sy stem in Atlanta, Georgia. (Foto: Elijah Nouvelage/Getty Images/AFP

Biden beskuldig Trump nou daarvan dat hy demokrasie skade berokken.

Die aangewese president het Donderdag in sy tuisstaat Delaware gesê Trump is die dryfkrag agter “ongelooflik skadelike boodskappe wat aan die res van die wêreld gestuur word oor hoe demokrasie funksioneer”.

“Dit is moeilik om te begryp hoe hierdie man dink. Ek is oortuig hy weet dat hy nie gewen het nie, nie sal kan wen nie, asook dat ons op 20 Januarie beëdig sal word.”

Biden het in die verkiesing meer as ses miljoen meer stemme as Trump verower, asook meer as die 270 stemme wat die kieskollege vereis op hom verenig om die stryd te wen.

Die Demokratiese presidentskandidaat het boonop vyf deelstate geswaai wat gedurende die vorige verkiesing na Trump gegaan het – waaronder Georgia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jacobus ·

Adriaan as die stelsel gekonkel is gaan dieselfde antwoord keer op keer dieselfde wees. Die stelsel is korrup en spore lankal doodgevee.

Adriaan ·

Ek dink in die einde gaan die wydverspreide en diepliggende korrupsie in Pres Trump se guns tel, deurdat die verkiesing ongeldig verklaar gaan word.

Andre ·

Selle ou storie met konkelwerk. 9/11 was erg, 9/12 begin die grootbekke se bekommernisse.

Frank ·

Ek kan steeds nie verstaan hoe ‘n nugterdenkende mens vir die Dems kan stem nie. Kyk maar waarvoor hulle staan! En watse tipe mense dit is. Ja, ek het myself seker nou geantwoord….
Dink baie van die Dems wat nog EFFENSE integriteit en morele waardes het, het nie werklik vir die Dems gestem nie, maar eerder TEEN die persoon President Trump, natuurlik beinvloed deur ‘n skeefgetrekte media. En siek Hollywood opinies.

Gawie ·

Net soos ek nie kan verstaan hoe enigiemand by sy volle verstand vir ‘n leuenaar soos Trump kan stem nie.
Ten minste het die Amerikaners uiteindelik die lig gesien en hom uitgestem.
Het self nie veel ooghare vir Biden nie, maar in vergelyking met Trump is hy ‘n engeltjie.

Jacobus ·

As die naïewes onder ons nog nie besef het dat hulle stelsel korrup is, baie korrup nie – bly dan maar in koning koekoeland.

Ben ·

Trump moet eenvoudig net die hele verkiesing ongeldig verklaar, en ñ nuwe datum met die regte prosedures aanwys.

Chris dupreez ·

Aag ou nakkie die nar, erken tog nou maar jy het verloor en dit was aan jou eie toedoen te danke,soos jou hanswors besluite en uitsprake

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.