Stephen Hawking, wêreldbekende fisikus, het in die ouderdom van 76 gesterf.
The Guardian berig dié outeur van A Brief History of Time is in sy huis in Cambridge oorlede.
Hawking se kinders, Lucy, Robert en Tim, het in ʼn verklaring gesê hulle is geweldig hartseer oor hul geliefde pa se dood.
“Hy was ʼn wonderlike wetenskaplike en ʼn uitsonderlike man wie se werk en nalatenskap nog vir jare sal voortleef. Sy moed en deursettingsvermoë, tesame met sy briljantheid en humor, het mense reg oor die wêreld inspireer.”
BBC berig Hawking het eenkeer gesê: “Dit sou nie veel van ʼn heelal wees as dit nie die tuiste was van die mense vir wie jy lief is nie.”
RIV, hy was ‘n inspirasie en het wetenskap verstaanbaar aan die massas gemaak. ‘n Groot verlies vir die mensdom.
Wat n wondermens! Hy is n voorbeeld van insperasie vir die wereld! RIP
Hartseer nuus. Hy was net nog ‘n bewys dat mens als kan doen waarop jy jou hart sit, ongeag al die struikelblokke. R.I.V.
Sheldon se hart is stukkend, hy gaan hom baie mis.
Bygesê, Big Bang Theory sal hopelik n huldeblyk program oor hom maak, Hy was n gereelde gas op die program.
Slegte nuus oor ‘n briljante persoon.
Wonderlike bydrae gelewer om die wêreld van allerlei mites en wat mens dit ookal wil noem, te bevry.
Waardige opvolger van sy voorgangers wat die “Flat Earth Society” en andere se sprokies as sulks te openbaar.
Watter mites, Joe?
Briljante man ongelooflik rus in vrede !!!!