Sterftes in DRK glo nié ebola

Dokters dra beskermingsdrag buite 'n isolasie-eenheid in Foya-distrik, Lofa County in Liberië (Julie 2014) Foto:  Reuters / Ahmed Jallanzo

Dokters dra beskermingsdrag buite ‘n isolasie-eenheid in Foya-distrik, Lofa County in Liberië (Julie 2014) Foto: Reuters / Ahmed Jallanzo

Altesaam 13 mense is sedert 11 Augustus weens ʼn onbekende koors dood in die DRK, het dié land se minister van gesondheid gesê.

“Al 13 mense het koors en diarree gehad en het vomeer en in ʼn terminale stadium ook ʼn swart stof opgebring,” het dr. Felix Kabange Numbi gesê.

Altesaam 80 mense wat in kontak was met die oorledenes word by hul huise gemonitor.

ʼn Beampte van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die mediese liefdadigheidsorganisasie, Dokters Sonder Grense, het Vrydag gesê dit is te vroeg om te sê of ʼn hemorragiese diarree tot die sterftes aanleiding gegee het. Die ebola-virus ruk dele van Wes-Afrika. Meer as 1 350 mense is reeds sedert Maart in Liberië, Sierra Leone, Guinee en Nigerië dood aan ebola.

ʼn Beampte van die WGO, wat anoniem wou bly, het in Kinshasa aan AFP gesê daar is ook ʼn ernstige soort malaria met soortgelyke simptome.

Bloed- en weefselmonsters sal by die Nasionale Instituut vir Biomediese Navorsing en ʼn gespesialiseerde laboratorium in Gabon ondersoek word, het Numbi gesê.

Ebola is die eerste keer in 1976 in Equateur in die voormalige Zaïre, wat nou as die DRK bekend staan, geïdentifiseer. Owerhede het voorkomende gesondheidsmaatreëls getref, insluitend dat besmette lyke veilig begrawe moet word en streng beheer van passasiers wat van die betrokke gebiede afkomstig is. Ebola word versprei deur kontak met ʼn besmette persoon se liggaamsvloeistowwe soos sweet en bloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.