
Die stadsraad se voertuig het op 22 Desember 2014 in die Millennium-hotel in George-plein vasgery Foto: Stephen Gibson, BBC
ʼn Paar mense is Maandag dood en ʼn aantal persone is beseer nadat ʼn vragmotor voetgangers in Glasgow, Skotland getref het.
Die stadsraad se voertuig het die Millennium-hotel naby Queenstraatstasie in George-plein omstreeks 14:30 getref, berig die BBC.
Die polisie in Skotland het gesê dit wil voorkom of dit nie enigiets anders buiten ʼn ongeluk was nie.
Ooggetuies het aan BBC Scotland se Laura Bicker gesê dit wou voorkom of die bestuurder oor die stuurwiel gelê het. Dit is moontlik dat hy ʼn mediese probleem gehad het voor hy beheer verloor het oor die vragmotor.
Een van die ooggetuies het gesê Kersinkopies het oor die straat gestrooi gelê.
Lees die volledige artikel op BBC.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Julle is groot! Doen sdo voort