Sterftesyfer ná oorstromings in Angola styg verder

Talle mense in die Angolese hoofstad Luanda is weens die oorstromings ontwortel. (Photo by Osvaldo Silva/AFP)

Die sterftesyfer ná ʼn reënstorm in die Angolese hoofstad Luanda het nou tot 24 gestyg.

Volgens amptenare is meer as 2 000 huise boonop oorstroom.

Die storm het die kusstad Maandag getref en ure lank geduur. Dit het kitsvloede veroorsaak wat geboue laat omtuimel en bome en voertuie meegesleur het.

“Die sterfgevalle het van 14 tot 24 gestyg,” het Luanda se provinsiale regering in ʼn verklaring gesê.

Minstens 2 344 huise is oorstroom en 60 het ineengestort. Amper 12 000 mense word geraak.

Vier gesondheidsentrums, vier brûe en 14 skole is ook oorstroom.

Swaar reënval dié tyd van die jaar is nie ʼn vreemde verskynsel nie en dit is nou dié suidwestelike Afrikaland se reënseisoen.

In Januarie verlede jaar het 41 mense gesterf en meer as 300 huise is in oorstromings verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Miskruier ·

Kyk na die foto, sien die onafgewerkte geboue, n stad wat leeg staan en langsaan krepeer die in die ou gedeelte. Dis n blufspel.

Coolbanana ·

… en een van die rykste lande in Afrika…geregeer deur n despoot en sy dogter…. skandelik verby !

Kokerboom ·

Dos Santos en sy dogter nie meer in beheer van land maar het groot invloed op ekonomie

Stephen ·

Lank daar gewoon. Die ou geboue verkrummel en staan halfvoltooi vanaf die koloniale tydperk. Haweloses woon daar en die regering gee nie om vir die mense nie. Luanda nou die duurste stad in Afrika. Met al die olie en ander minerale rykdomme kan die land na almal se behoeftes omsien maar die “selected few” skep alles. Die storie in Afrika

Anoniem ·

Die resultaat van die vryheidstryd teen vooruitgang. SA bevind homself op dieselfde pad.

Danie ·

Ja nog n land wat deurgeloop het. My skoonouers het daar gewoon en het n groot plaas besit maar moes dit verlaat. Was n pragtige land nou is dit vervalle. Ons is ook oppad maar waar gaan ons heengaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.