
ʼn Motor lê onder ʼn hoop puin nadat ʼn aardbewing dele van Iran geruk het. (November 2017) Foto: Pouria Pakizeh, AP
ʼn Aardbewing, met ʼn sterkte van 6 op die momentmagnitudeskaal, het Maandag die westelike deel van Iran, naby die grens met Irak, getref.
Dit is dieselfde streek waar ʼn aardbewing verlede maand tot die dood van meer as 600 persone gelei het.
Daar is nie dadelik enige sterftes, beserings of groot skade aangemeld nie.
Iran beleef byna daagliks skuddings, aangesien dit op groot verskuiwingslyne geleë is. ʼn Aardbewing van 6.6 het in 2003 die historiese stad Bam uitgewis en 26 000 persone is dood.
Pres. Hassan Rouhani het gesê die regering wend steeds pogings aan om hulpmiddels en tydelike behuising te reël vir die slagoffers van verlede maand se skudding. Kritici meen egter die regering het nie vinnig genoeg of voldoende reageer nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Wat op aarde is die momentmagnitideskaal ?