Sterk aardbewing skud Italië

Skade tydens aardbewings die afgelope week in Italië (Oktober 2016) Foto: Allesandra Tarantino/AP

Skade tydens aardbewings die afgelope week in Italië (Oktober 2016) Foto: Allesandra Tarantino/AP

ʼn Kragtige aardbewing met ʼn voorlopige omvang van 6.6 het Sondag sentraal en suidelike Italië getref.

Verskeie geboue, wat die afgelope week beskadig is tydens bewings die afgelope week wat duisende persone dakloos gelaat het, het ineengestort.

Daar is nie dadelik enige berigte van beserings of sterftes nie.

Die aardbewing het Sondagoggend omstreeks 07:40 plaasgevind.

Nonne het uit hul kerk in Norcia gehardlooop toe dit gelyk het of die kloktoring ineen wou stort.

Die Europees-Mediterreense seismologiese sentrum het gesê die aardbewing was 6.5 of 6.6 met ʼn episentrum 132 km noordoos van Rome en 67 km oos van Perugia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gideon ·

Ek dink dié wat Pissa se leunende toring wil sien moet maar gou maak voordat dit te laat is!!

Ronnie ·

Verduidelik asseblief hoekom die Richterskaal nie meer gebruik word nie en hoe die nuwe eenhede gemeet en geïnterpreteer word.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ronnie

Suid-Afrika is een van die min lande wat nog die Richterskaal gebruik, en ook net ‘n aangepaste een. Die Richterskaal werk nie goed op groot aardbewings nie, en is ook nie akkuraat op aardbewings wat met die aarde se groot verskuiwingsvlakke verband hou nie. Die USGS (en die meeste lande) gebruik dus die Momentmagnitudeskaal (ʼn alternatiewe Afrikaanse vertaling sou “momentgrootteskaal” wees).

Omdat die lesing nie van die een na die ander omgereken kan word nie (verskillende aspekte word gemeet) is dit nie moontlik om die lesing in Richterskaal, Marconiskaal of enige van die ander oueres weer te gee as dit in momentmagnitudeskaal gemeet is nie.

Uit onkunde sal joernaliste dikwels nog die een as ʼn lesing op die ander aangee, soos tot taamlik onlangs, die SAUK. Dis egter ook reggestel, hoewel Richterskaal vir buitelandse aardbewings nog periodiek deurglip.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Piet ·

Ons wag vir die groote wat die Vatikan stad gaan platvee. Dan gaan die straatvrou ( Katolieke kerk ) hul intrek neem in die herboude tempel in Jerusalem waar die antichris die Heiligste van alle Heiligstes gaan beset.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.