‘n Sterk aardbewing van 6,6 op die Momentmagnitudeskaal het in die see net wes van die eiland Vancouvereiland aan die Kanadese ooskus voorgekom. Die skudding is tot in die stad Vancouver op die vasteland gevoel.
Naskokke van tot M5 word steeds gevoel. Na berig word is geen ernstige skade aangerig nie, aangesien die naaste dorp, Port Hardy, 94 kilometer van die episentrum is. Die skudding het op dieselfde verskuiwingsvlak voorgekom as wat deur Kalifornië loop, en daar as die San Andreasverskuiwingsvlak bekend staan.
In die VSA kom steeds beduidende aardbewings in die omgewing van die Yellowstonepark en in Oklahoma voor. Eersgenoemde trek die aandag omdat doemprofete dit in verband bring met ‘n naderende uitbarsting van die Yellowstone Supervulkaan, maar wetenskaplikes ontken dat dit aan die gebeur is. Oklahoma se aardbewings word aan gasontginningspraktyke toegeskryf. Oor laasgenoemde stem wetenskaplikes, waaronder die VSA se geologiese opnamesentrum, die USGS, saam.