Sterk aardskuddings skud Griekeland

Aardbewingskade in Griekeland in Februarie 2014 Foto: globalnews.ca

Aardbewingskade in Griekeland in Februarie 2014 Foto: globalnews.ca (AP/Stringer)

Twee sterk aardskuddings het Griekeland minder as ’n honderd kilometer van die hoofstad, Athene, getref. Die sterkste skudding het 5,4 op die momentmagnitudeskaal geregistreer en die episentrum was net sewe kilometer van Prokopion. Die verskuiwing het 13 kilometer onder die oppervlak voorgekom.

Die ander skudding van M 5,3 se episentrum was 10 kilometer diep en agt kilometer van Limni. Dit was die sesde betreklike sterk aardbewing die afgelope maand in Griekeland.

Nog geen berigte van skade is ontvang nie.

Twee van die aardbewings was aan die anderkant van Griekeland naby Lixourion, en kan steeds as naskokke van ’n verwoestende aardbewing van M6,1 beskou word wat die eiland op 3 Februarie vanjaar getref het. Reuse skade is aan geboue en infrastruktuur aangerig.

Die sterkste aardbewing die afgelope 24 uur, M 6,2, het naby die Port Edwardeilande sowat 1 500 kilometer suidoos van Port Alfred plaasgevind.
Bron: USGS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.