Sterkste aardbewing vanjaar skud Papoea-Nieu-Guinee

Argieffoto.

Argieffoto.

’n Aardbewing wat 7,5 op die momentmagnitudeskaal gemeet het, het Maandagoggend in die see sowat 50 kilometer van die dorp Kokopo in die Noordooste van Papoea-Nieu-Guinee voorgekom.

Dit was die sterkste aardbewing wat vanjaar op aarde voorgekom het en die sterkste sedert Junie verlede jaar toe ’n aardbewing van M 7,9 by Alaska voorgekom het.

Hoewel die aardbewing byna 800 kilometer daarvandaan in die hoofstad Port Moresby gevoel is, is geen skade of beserings nog aangemeld nie.

’n Ligte tsunami is veroorsaak wat die parkeerterrein van ’n hotel in Rabaul laat oorstroom het. Geen skade is aangerig nie. By die Solomon-eilande, sowat 450 kilometer van die episentrum, is ’n tsunami van 3 cm gemeet. Alle tsunami-waarskuwings is hierna ingetrek.

Die episentrum was 40 kilometer diep, wat betreklik diep is en skade sou beperk. Verskeie naskokke wat M 5 of meer gemeet het, het intussen voorgekom.

Op die Indonesiese eiland, Java, het minstens twaalf mense in ’n modderstorting omgekom. Die modderstorting is deur swaar reën veroorsaak.

Bronne: USGS, De Standaard,  ABC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.