‘Sterkste storm van 2020’ tref Filippyne

‘n Satellietbeeld van tifoon Goni. (Foto: Philippine Weather System/Pacific Storm Update)

’n Supertifoon het Sondag effens verswak nadat dit die suidelike deel van die hoofeiland Luzon in die Filippyne getref het.

Tifoon Goni word bestempel as die sterkste storm wat die wêreld tot dusver vanjaar tref met stormsterk winde van 215 km per uur en rukwinde van tot 290 km per uur.

Al Francis Bichara, goewerneur van Albay in die Bicol-streek van die Filippyne, sê vier mense is dood waar die tifoon die land by twee plekke in die Bicol-streek bereik het.

Dit sluit in ’n persoon wat deur ’n boom getref is, asook ’n vyfjarige kind wat weggespoel het nadat ’n rivier in die streek oorstroom het.

Vloede en groot skade aan infrastruktuur is intussen aangemeld.

In Quezon het goewerneur Danilo Suarez gesê die kragtoevoer is in tien dorpe afgesny nadat Goni bome ontwortel het.

Die Filippynse rampbestuursagentskap sê tussen 19 en 31 miljoen mense kan deur die tifoon geraak word, onder wie dié in gevaarsones asook in die hoofstad Manila.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Brenda ·

Dis vreeslik senutergend om so te sit wag vir moontlike storm …. ons het darem alles teogemaak en verseker diere is veilig , nou wag ons in ons area , dit reen en wind waai al sterkerig. Ons rys is so 30 cm hoog …. dis n nagmerrie ! Ons buurman bly in n Bamboo huisie , so ons het hom gese om na ons toe te kom met sy diere as die storm erg raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.