Steve Biko se brief kom onder die hamer in Amerika

Steve Biko (Foto via ANA)

ʼn Brief, wat deur die menseregteaktivis Steve Biko onderteken is oor die afsterwe en ondersoek van die Black Consciousness Movement (BCM)-lid Mapetla Mohapi, sal Donderdag in Amerika op ʼn veiling aangebied word.

Nate D Sanders-afslaers, gebaseer in Los Angeles, het in ʼn verklaring gesê die bod vir die brief wat Biko uit King Williams Town op 12 Januarie 1977 geskryf het, begin by $3 000 (ongeveer R43 000).

Die maatskappy, wat homself beskryf as “ʼn aanlyn leier vir veilings wat handtekeninge, memorabilia, geskiedkundige dokumente, kuns, boeke en meer insluit”, het nie gesê hoe dit die brief bekom het of hoe die egtheid daarvan bevestig is nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het in daardie tyd Biko verbied om King William’s Town te verlaat, omdat dit die BCM as ʼn bedreiging beskou het en wou Biko verhoed om anti-apartheidsbedrywighede oor die land heen te organiseer.

Biko versoek in die brief toestemming om met Mohapi se prokureurs te vergader oor sy ondersoek, aangesien hy die vorige jaar in polisieaanhouding gesterf het.

“Die prokureur, wat die Mohapi-familie in hierdie verband verteenwoordig, het my versoek om beskikbaar te wees vir konsultasies op 16 Januarie, en om die ondersoek by te woon wat vir 17 en 18 Januarie geskeduleer is,” lui die brief. “Vergun my asseblief die toestemming om die perseel van die landdroshof in King William’s Town te betree op die betrokke dae, en om die ondersoek by te woon, wat iewers in King William’s Town sal plaasvind. Ek weet nog nie waar mnr. Mxenge beplan om die konsultasies te reël nie.”

Biko het egter op 12 September 1977 gesterf.

Die brief wat op die veiling aangebied sal word (Foto via ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Geirriteerd ·

Ag asseblief Andre…ek vind dit vreeslik interessant. Kan jy nou indink watter bot nasie Suid-Afrikaners soos jyself sal wees as ons nie wye belangstellings kweek nie? Hou op rede soek om te grom.

E.K. - ek sê net! ·

Ek dink bv die koop en eet van Kentucky hoender is ‘n mors van geld. Dis seker maar elkeen se reg en keuse waarop hy/sy geld wil uitgee. Persoonlik koop ek liefs kuns en/of boeke, maar ja, dis elkeen se goeie reg om geld op Kentucky of briewe van ander mense of hul skoene of watookal uit te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.