Storm los derduisende sonder krag

Meer as 600 000 inwoners in die noordooste van Amerika is Woensdag sonder krag gelaat nadat stormweer in dié dele voorgekom het (Foto: Michael M. Santiago, AFP)

Meer as 600 000 inwoners in die noordooste van Amerika is Woensdag sonder krag gelaat nadat stormweer in dié dele voorgekom het.

Die deelstaat Massachusetts is die ergste deur die storm getref, met sowat 495 0000 huise wat sedert omstreeks 09:00 die oggend kragonderbrekings ervaar het. In Rhode Island is ook sowat 96 000 huise sonder elektrisiteit gelaat.

Die storm het die sluiting van dosyne skole in Nieu-Engeland tot gevolg gehad en kraglyne is omgewaai wat tot kragonderbrekings gelei het. Bome is weens sterk winde ontwortel en paaie is versper.

Die polisie in Barnstable, Massachusetts, het ʼn vrou gered nadat ʼn boom op haar kar geval het.

In Duxbury, suid van Boston, het die brandweer binne 12 ure op 90 noodgevalle gereageer.

Die nasionale weerdiens het inwoners teen orkaan-tipe rukwinde gewaarsku wat chaos kan veroorsaak. Die diens het inwoners aangeraai om nie ten tye van die stormweer te reis nie.

Swaar reënbuie en sterk winde van byna 170 km/h het Maandag- en Dinsdagaand in en om New York gewoed. Dié weerstelsel het teen Woensdag in ʼn noordwaartse rigting beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Snuffelgids ·

Hulle het storms, tornadoes en aardbewings…Ons, ons het die Anc. Al verskil is, ons het dit elke dag wat chaos veroorsaak

koos10 ·

In SA noem ons die storm sommer Eskom. Hulle los miljoene mense 2 tot 3 keer per dag vir 2 ure elk sonder krag!

JohanR ·

Dis storms in die VSA sal met tyd oor waai, maar ons SIT met die ANC. Stem Maandag reg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.