Storm om Trump se kop ná twiets

Donald Trump

Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Donald Trump, president van Amerika, loop deur onder swaar kritiek nadat hy Woensdag ʼn beleid teruggetrek het wat transgender-mense toelaat om in enige hoedanigheid in die Amerikaanse weermag te dien.

Trump het in ʼn reeks Twitter-inskrywings gesê dié beleid, wat deur oudpres. Barack Obama ingestel is, word teruggetrek omdat die weermag nie die “ontwrigting wat transgender-mense in die weermag sal veroorsaak” kan bekostig nie.

“Ná gesprekke met generaals en militêre kenners, moet julle asseblief bewus wees dat die Amerikaanse regering voortaan geen transgender-mense toelaat om in enige hoedanigheid in die Amerikaanse weermag te dien nie,” het hy gesê.

Trump het gesê dié besluit is juis in belang van die VSA én die Amerikaanse weermag gemaak.

“Die weermag fokus op beslissende en oorweldigende oorwinnings, en kan nie belas word met die enorme mediese koste en ontwrigting wat transgender-mense in die weermag sal veroorsaak nie.”

ʼn Woordvoerder vir die Withuis, Sarah Huckabee Sanders, het Woensdag in reaksie op die negatiewe kommentaar gesê Trump se besluit is geneem in die beste belang van die Amerikaners, en sy standpunt oor mense van die transgender-gemeenskap is nié in ag geneem nie.

Dié aankondiging volg nadat die Amerikaanse departement vir verdediging maar net ʼn jaar gelede die beleid verander het om nié meer transgender-mense in die weermag te verbied nie.

Intussen het duisende sosialemediagebruikers Trump daarvan beskuldig dat hy nou nié al sy beloftes tydens sy presidensieveldtog nakom nie.

“Trump se aankondiging verbreek talle beloftes wat hy tydens sy presidensieveldtog gemaak het. Hy het onder meer beloof om alles in sy mag te doen om die regte van gay, lesbiese, biseksuele en transgender-gemeenskappe te beskerm,” het ʼn Twitter-gebruiker gesê.

“Enige Amerikaner wat die mediese standaarde slaag, moet toegelaat word om in die weermag te dien – ongeag seksualiteit,” het John McCain, ʼn Amerikaanse politikus, gesê.

ʼn Jaar oue inskrywing van Trump is ook in die geveg op sosiale media na vore gebring.

“Dankie aan die LGBT-gemeenskap. Ek sal vir julle baklei terwyl Hillary meer mense inbring [in die regering] wat julle vryheid en oortuigings bedreig.”

Die Withuis het egter by sy besluit volstaan en gesê dit is in belang van die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Michael ·

Trump is die beste leier van n regerende party in die wereld en ook die hardwerkende een ..al gehoor van die gesegde hoogste bome kry die meeste wind wel hier is dit in werking.

Marius ·

Die regte president is nou aan bewind dit is n pragtige land met goeie reels as jy al in Amerika was sal jy verstaan hoekom hulle trots is hulle wette werk en regering doen iets vir hulle mense na dat hulle gestem het.Hier stem jy dat die regering mooi karre kan ry en steel en hier word jy glad nie gehelp.Gaan so aan President Trump

Cathy ·

‘n Baie groot deel van Amerika se inwoners sal nie met jul saamstem nie. Daar is baie dinge in Amerika wat nie werk nie. Donald Trump is heeltemal te eng in sy sienings en toon nie juis empatie met minderbevoorregtes nie. Ek dink eerlikwaar nie daar is enige iets besonders aan sy leierskap nie. Hy is maar net nog ‘n puppet on a string. Obama was nie preek nie, maar hy het ten minste probeer om ‘n verskil te maak aan die lot van Jan Alleman.

Callie ·

Kan daar maar net een keer in die geskiedenis in SA ook n president wees wat in belang van die land optree. Trump is seker die beste ding ooit wat kon gebeur het in politiek in die wereld. Iemand wat n slag net op feite werk

JC ·

Definitief Callie, dis sonder ‘n twyfel die beste DING WAT OOIT kon gebeur het, nie net vir die VSA nie, maar ook vir die veragtelike en sieklike wereld waarin ons lewe!

humor ·

Stem absoluut 100% saam. Om te dink die moontlikheid is bykans 100% dat ons SA nooit ooit in die toekoms oor n president sal beskik wat integriteit het en onkreukbaar in karakter is nie. Tramp kan enige iets doen en daar sal gedurig die katte – gekerm van die libs wees. Waarom hierdie gekerm altyd nuuswaardig is weet ek nie.

christa ·

pragtig!!!!! Miskien moet hy hulle juis daar toelaat sodat hulle kan reg geruk word. Hy is tops!!!!

LB ·

Ek wens ons het ons eie Trump gehad…maar met bietjie meer takt en respek vir vroue

mars ·

Dit is ongelooflik hoe min begrip, sensitiwiteit en menslikheid sommige mense wat hier kommentaar lewer het. In ‘n familie wat ons ken het beide ouers hulle gay kind verstoot het en aktief daartoe gewerk het dat die hele familie teen die kind draai sonder enige ondesteuning, hulp of liefde en almal wou hom ook net regruk of regslaan soos sommiges wat hier kommentaar lewer dit stel. Net die een broer het ‘n mate van deernis getoon vir sy broer. Beide ouers het kanker gekry, twee jaar na mekaar, en albei het bitter swaar gely tot hulle sterfdag weens die siekte. Net die verstote kind wat hulle so gehaat het, het albei versorg en was daar tot die einde. Die ander drie broers en twee susters het nie die tyd gehad om hulle ouers te versorg nie weens ander verpligtinge.

Eish ·

Ja, dis maar n ding wanneer dit aan jou eie mense vaswaai. Dankbaar is ek nou Maroela het nie my kommentaar geplaas nie.Ek dink egter nie Trump gaan terug op sy verkiesingsbelofte nie. Dit is dalk meer n geval van taktiese besluitneming uit werklike oorlogsituasies. Waar lewens op die spel is, is daar min beweegruimte en slegs besluite wat werklik lewens red, tel aan die einde van die dag. Indien ek korrek is, is transgender mense die wat van geslag verander het. Hul is gewoonlik op medikasie wat seker n invloed uitoefen veral wanneer lang tydperke weg van die basis deurgebring word.

Linette ·

@mars – daar is ‘n GROOT VERSKIL tussen gay-wees en trans-seksuele mense, Gay- of lesbiese mense is mense wat van hul eie geslag hou en mee verkeer. Trans-seksuele mense is ‘n man of vrou wat voel hulle is in die verkeerde geslag se liggaam vasgekeer en ondergaan dan chirurgiese transformasie om hulle geslag te laat verander. Ai, daar is soveel onkunde of GLBTS-mense!

trumphero ·

ag mooi so….ek wens hy kan ons land oorvat dan sal ons darem vir jou pret he…nee kyk so bek kort jam….give tht man a bells ..alles wat hy doen is net reg…simpatie met wat he nee kom nou mars….self die bybel wys dit uit as verkeerd…en niemand oordeel nie almal lig hul mening hulle oordeel nie…hulle se wat wat reg is..baie bly dat hy so goedhartig was na hulle hom so wreed behandel het…maak nie die verkeerd reg nie…

Cathy ·

Kyk gerus Hacksaw Ridge. Dis ‘n goeie voorbeeld van skewe opvattings soos sommiges hier openbaar.

Langsteelpampoen ·

Dis nie gewone mense wat die storm maak nie. Dis die mense met agendas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.