‘Stoute’ seun ná ‘n week gevind

Yamato Tanooka.

Yamato Tanooka.

ʼn Sewejarige seun is Vrydag gevind nadat sy ouers hom ʼn week gelede in ʼn woud gelos het omdat hy glo stout was.

Die seun, Yamato Tanooka van die Japannese eiland Hokkaido, is op 28 Mei deur sy pa as vermis aangemeld.

CNN berig die pa het aanvanklik aan owerhede gesê die seun het weggeraak toe hy saam met die familie wildegroente in die woud gaan pluk het. Sy ouers het egter later erken dat hulle hom aan die kant van ʼn bergpad in die Nanae-woud, ʼn habitat vir wilde bere, gelos het omdat die seun stout was. Dit was glo sy straf omdat hy klippe na verbygaande voertuie en mense gegooi het.

Hulle het ʼn paar minute later teruggekeer na die plek waar hy gelos is, maar Yamato was skoonveld.

Sowat 200 mense in soek-en-reddingspanne het ses dae lank tevergeefs in die digte woud na hom gesoek. Die soektog is Donderdag afgeskaal. Yamato is uiteindelik Vrydag toevallig deur soldate van Japan se selfverdedigingsmagte in ʼn klein gebou op die perseel van die weermag se Komagata-oefeningsveld gevind toe die soldate gereed gemaak het vir oefening. Dit is sowat 6 km van waar hy alleen gelaat is. Hy het glo dieselfde dag dat hy vermis geraak het, die gebou bereik en sedertdien daarin geskuil.

Die seun is in ʼn goeie toestand en word in ʼn hospitaal behandel vir ligte dehidrasie en wanvoeding.

Bron: CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

charlene ·

Kyk ek glo aan pakslae en kinders straf maar die is mos nou een te veel. Dis nalatigheid van die ouers of eintlik net plein sleg wees.
Ek hoop die ouers word vervolg, om `n kind te los waar wilde diere en bere is. In `n woud ALLEEN, nee liewe hemel

Linda Engelmohr ·

Ek stem saam hy moes net ‘n goeie pakslae gekry het. Darem bly die klits is veilig – hy moet nog steeds ‘n pakslae kry & sy pa sommer ook.

JAN BRITZ ·

Kom ek wed julle die klein blikskottel sal nie weer karre met klippe gooi nie! Well done sy ouers!

annatjie ·

Dis snaaks. Ouers kort leiding. Maar dit wys net dat die Japanese nie die soort stout aanvaar nie. Hul moet nie na die land toe kom nie.

marita ·

Hahaha! Klipgooi is ‘n nasionale sport in Suid Afrika. :)

Duitswes ·

Klein Soldaat!..gee daai klein snuiter ‘ stywe dop Oros. Hy het sy ouers meer op die skrik gejaag en op die koop toe wereldberoemdheid verkry vir sy oorlewingsvernuf.

charmaine ·

Hulle het dalk gehoop die bere eet hom of hy skrik vir hulle.
Ai, die feit dat hy sulke stoute goed doen is n teken van min of te lig discipline.

Hartseer... ·

Dis soos ‘n 21ste eeuse Hansie en Grietjie!! Die arme kind…

Gesiggie ·

Aan hierdie ouers van die seun” daar is baie ander maniere om n kind te leer… maar om hom aan die genade oor te los, met die wete dat hy dalk deur n wilde dier verskeur kon word? nee .. dit is belaglik… en as jul hom nou regtig nie gekry het? wat sou jul reaksie dan gewees het”’ jul sou jul self blameer het… dit is n baie slegte idee, as n kind stout is.. straf hom, maar nie op so n manier…gelukkig van jul was die stout seun ongedeurd… Ek hoop hy het darem geskrik.. probeer iets anders volgende keer…

Koos ·

Wat de hel het Japan met ons te doen, spreek eerder die ongedlisiplineerde kinders van SA aan, hier gooi hulle al klippe en brand skole AF van 5 jaar oud n generasie wat geen respek het vir ouers, onderwysers nie. Vandat n Pak slae as krimineel heag word verander kinders in anargiste en boelies

Cherokee ·

Ag jong moet nie ‘n pyn wees nie! Netnou sal jy dink Suid Afrika is die wêreld. Lekker om somtyds ‘n interessante mooi uitdraai storie van elders te lees.

BEN ·

In Japan word hulle in woude gelos maar in Suid-Afrika word hulle in put toilette gegooi!

Madeleine Hoffmann ·

Die artikel noem tog dat die ouers na ‘n paar minute terug gekeer het. Hulle wou hom sekerlik net skrik maak – slim vang sy baas.

John ·

Iemand moet dit tog nie hier by ons na-aap nie. Hier is gevaarliker gediertes as wilde diere.

Piti ·

So ‘n seuntjie moes ‘n goeie pak slae gekry het. Hier by ons kan jy egter moeilikheid kry as jy jou kind gee wat hy nodig het om hom op die regte pad te kry/hou. Ek dink dieselfde in Japan, definitief in Europa. Die alleen los van ‘n kind bly egter onaanvaarbaar. ‘n Goeie pak slae is ‘n KRITIEKE DEEL van goeie dissipline, en definitief nie die hoofbestanddeel nie. Maar dis in baie lande onwettig…
Ek bepleit nie aanranding nie, wel ‘n pak slae wat ander dissipline ondersteun en bekragtig.

Jef ·

Daar is n alom bekende Europese land waar kinders nie gestraf word nie, sou die ouers dit wel doen dan word hulle aangekla vir kindermishandeling.
Die regering in die betrokke land het n wet ingestel, genoemd kindertelefoonlyn dus as n ouer sy kind wil korrigeer en die kind wil wys op sy foute dan mag die kind bel en sy verhaal vertel en die ouers word hoe dan ook vervolg.
In skole mag absoluut geen straf toegepas word nie en die onderwysers word of by voornaam genoem of gewoonweg …jy en jou.
Hulle glo dat lyfstraf of enige ander vorm van straf nadelig is vir die kind se ontwikkeling, ja mense daar is so land.

Amanda Van Vuuren ·

Dit gaan hier om die lewe van n seuntjie en van die mees onverantwoordelike so’ called ouers’ wat ek die afgelope tyd gehoor het! Magtag hulle ken sekerlik hul kind en wat die kans sou wees dat hy daar sou sit en wag vir hulle! Flippen boelies! jammer hulle het die kloue vd bere vry gespring!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.