Strokiesprenteboek haal bykans R20 m. op veiling

Marvel Comics 1 (Foto: Heritage Auctions via AP)

Een van die eerste eksemplare in die Marvel-strokiesprenteboekreeks is vandeesweek vir ’n allemintige $1,26 miljoen (sowat R18,5 miljoen) op ’n veiling verkoop. Dié eksemplaar is sowat 80 jaar oud en in byna perfekte toestand.

CNN berig Heritage-afslaers, wat die boek opgeveil het, het gesê die eksemplaar van die strokiesprenteboek, Marvel Comics 1, is vandag nog een van die Marvel-reeks se bekendste strokiesprentboeke. Dit is ook die meeste wat iemand nóg vir ’n Marvel-strokiesprenteboek betaal het.

Die strokiesprenteboek is Donderdag in Dallas in die Amerikaanse deelstaat Texas opgeveil, berig Fox News.

Die strokiesprenteboek is op 1 Oktober 1939 uitgereik en het lesers aan karakters soos Human Torch, Angel, Sub-Mariner en Masked Raider bekendgestel.

“Dit is ʼn historiese weergawe van ʼn historiese strokiesprentereeks,” het Ed Jaster, senior visepresident van die afslaer, in ʼn verklaring gesê.

Dit is egter nié die duurste strokiesprenteboek tot op hede nie. Die eerste Superman-strokiesprenteboek, Action Comics #1, is in 2014 vir sowat $3,2 miljoen (in vandag se waarde sowat R47 miljoen) op eBay verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Ek vind dit belaglik dat mense soveel vir soiets sal betaal. Maar…. dis hulle geld; hulle kan sekerlik daarmee wat wat hulle wil.

Net vir my verstommend dat mense se waardes so kan wissel. Soveel geld vir ‘n “comic” boek terwyl daar sekerlik miljoene mense en diere is wat doodgaan van die honger en verwaarlosing.

Willem ·

Wil jy vir my se jy vat al jou geld en spandeer dit op honger mense en diere of koop jy ook soms vir jou iets met jou eie geld. Die bedrag is relatief. As jy R10 000 ‘n maand verdien en spandeer ‘n R1000 op honger mense het jy dan goed gedoen? So sekerlik mag jy met die res van jou geld doen wat jy wil. So as ek R10 000 000 ‘n maand verdien en spandeer R1 000 000 op honger mense mag ek sekerlik met my ander R9 000 000 maak wat ek wil. Wie is jy om enige iemand te judge hoe hulle hulle geld spandeer. Niemand skryf vir jou voor hoe om jou geld te spandeer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.