Stryd om Donbas begin

Rook kon reeds vroeër vandeesmaand naby Severodonetsk in die Donbas-streek gesien word. (7 April 2022) ( Foto: FADEL SENNA / AFP)

Rusland het sy lang verwagte aanval op die Donbas-streek in die ooste van Oekraïne geloods.

“Ons kan nou bevestig dat Russiese troepe die stryd om Donbas, waarvoor hulle lank voorberei het, begin het,” het die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, Maandag laataand op Telegram gesê.

“Die tweede fase van die oorlog het begin,” het Zelenski se stafhoof, Andriy Yermak, op sy beurt gesê.

“Dis hel. Die aanval het begin, die een waaroor ons al weke lank praat. Daar is voortdurend gevegte in Rubizhne en Popasna, gevegte in ander vreedsame stede,” het die streekgoewerneur van die Lugansk-streek, Serhij Gaidai, op Facebook gesê.

Die beheer van Donbas sal Rusland in staat stel om ’n suidelike deurgang na die Russies besette Krimskiereiland te skep. Zelenski het dit egter duidelik gestel dat Oekraïense magte hulle sal teësit.

“Maak nie saak hoeveel Russiese soldate hierheen gebring word nie, ons sal veg. Ons sal onsself verdedig.”

Rusland het tot nou alles in die stryd gewerp om die beleërde Marioepol in suidoostelike Oekraïne te verower. Dit het egter nog nie gebeur nie en volgens ’n senior amptenaar van die Amerikaanse departement van verdediging duur die stryd om die hawestad steeds voort.

Minstens sewe mense is Maandag in Lviv dood. Dit nadat dié verre westelike stad aanvanklik aanvalle gespaar was.

Maar “vandag het ons besef ​​dat ons geen veilige plekke in Oekraïne het nie. Dit is baie gevaarlik,” het ’n inwoner aan AFP gesê.

Rusland se ministerie van verdediging het Maandag gesê hy het 16 militêre teikens reg oor Oekraïne heen getref. Dit sluit in ’n depot waar Oekraïne se wapens gestoor word. Volgens Rusland het Oekraïne onlangs hierdie wapens van die Verenigde State en Europa ontvang.

Luidens inligting het Rusland intussen nog 11 bataljon taktiese groepe – bestaande uit onder meer artillerie, helikopters en logistieke ondersteuning – by sy magte in Oos-Oekraïne gevoeg, wat die totaal in die land op 76 te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Marius ·

Die rooi masjien gaan nie ophou totdat alles vernietig is en weer onder kommunistiese beheer is nie.

Nommer 7 ·

Marius, waarvan praat u? In Rusland self is die Kummunistiese Party die opposissie part, al sedert 1991. Poetin was nog nooit ‘n kommunis nie. In geen een van die voormalige Russiese state regeer die kommuniste nie.

Cherokee ·

Marius, jou teenstanders is so absoluut naïef, hulle dink as die naam van die party nie dui op kommunisme, dan kan dit nie ‘n kommunistiese party wees nie. Toppunt van naïewiteit.

Stephen ·

I was a Putin supporter for many years. This man should however be prosecuted for war crimes and crimes against humanity. His actions are no different from the Nazi regime.

Robert ·

Likewise the Ukrainians, they have been committing atrocities for many years.

Phil ·

Go live in both Ukraine and Russia for many years, as I have, then see if you’ll talk nonsense like this again.

melaney ·

Living in those countries as you have, you probably have first hand knowledge and know what you are talking about. Fact remains, its terribly sad to see innocent lives been brought to a sudden end in such a tragic way. Whoever is the culprit…….I have news for them.

Phil ·

Not sure if my reply came across correctly… I was replying to Robert, who was saying that the Ukrainians were committing atrocities (obviously referring to the Donbas conflict).

ES ·

Die ergste is dat die wereldmagte wat soldate kan ontplooi om hierdie oorlog stop te sit, stuur net wapens en voertuie.

Die wereld kyk toe hoe Rusland vir Oekraine totaal en al vernietig en onskuldige mense laat doodgaan maar na die 2de wereld oorlog was Amerika en Brittanje baie vinnig om die Neurenberg-verhore te hou en die Nazi Duitsland verteenwoordigers te straf vir die beplanning en inval van ander lande en vir oorlogsmisdade en terreur, maar nou lig hulle nie ‘n vinger terwyl Rusland dieselfde doen nie.

En die ergste is dat hulle nou verskonings maak en wegkruip agter die doekskerm van NATO. Sanksies teen Rusland raak net sy doodgewone burgers en nie vir Poetin en sy regering nie.

VaalDonkie ·

En wat van die etniese Russe in Donbas wat al vir 8 jaar lank onder Oekrainse terreur deurloop?

Phil ·

VaalDonkie, ek het vir jare in beide Rusland en Oekraine gewoon, en glo my, jy het die donkie aan die aerial beet oor die konflik in die Donbas.

Robert ·

Smaak mey jy wil WW3 laat ontketen? Jy vergeet seker van die atoombomme wat beide kante het?

Schalk ·

Ek hoop dat mense wat die dinge waarneem besef dat sou ons soortgelyke interne probleme in Suid Afrika tref ons nie hulp kan verwag van NATO nie.

Pieter ·

Ek dink wanneer ons ingeval word deur Zimbabwe of Mosambiek, sal ons ………………. Jammer, dit het klaar gebeur. Ons is klaar in ons maai in.

Sanja ·

Hulle is bang dit ontketen ‘n kernoorlog wat die einde van die wêreld kan beteken. Dis waarmee Putin dreig en dis hoekom die ander lande nie deelneem aan die oorlog nie.

Kokerboom ·

Wanneer gaan die bose man ophou om ‘n volk te vernietig?

Robert ·

Waneer die ander bose manne en vroue ophou om hom te bedreig.

VaalDonkie ·

Los vir Thom. Hy is altyd aan die verkeerde kant van alles.

Thom ·

Antwoord my dan as dit so is : hoeveel vreemde troepe is in Rusland ?

Marthinus W ·

Definieer “volk”. Lwof (Lviv in Oekrains) bv was 140 jaar gelede deel van Pole, en hulle wil dit terug he. Daar is dele van die huidige Oekraine wat dele was van Oostenryk en Hongarye, en Elenski (hy het mos gese ons moet ophou om die letter “Z’ te gebruik) het self nou die dag gekla dat Hongarye na daardie grond sit en kyk. Dis maar n lappiesland. Die neonazi’s het gekom met die idee “een land, een taal [Oekraines], een godsdiens [Oekraines ortodoks].

Nico ·

Winston Churchill het by geleentheid opgemerk:
“Don’t ask me about Russia. It’s a riddle wrapped inside a mystery inside an enigma.”
Ek is bevrees, as ek so na sekere mense se opmerkings oor die huidige Russiese konflik in die Ukraïne kyk, weet hulle nog minder van Rusland as die eertydse Britse eerste minister!

Vir bykans 10 jaar moes Rusland toekyk hoe hy geplunder word.

Phil ·

Nico, wil jy dalk uitbrei daarop? Waar word Rusland geplunder?

Eric ·

Dit is interesant om die hoe vlak van steun hier te sien vir n weermag wat basies uit Neo Nazis bestaan gelei deur n eks komediant en dwelmverslaafde leier en president wat deur die korrupte weste daar gestel is. Die Russiese gemeenskap word al vanaf 2014 deur Azmov aangeval- terugbetaaltyd nou. mooi so Rusland

Schalk ·

Ek hoop dat mense wat die dinge waarneem besef dat sou ons soortgelyke interne probleme in Suid Afrika tref ons nie hulp kan verwag van NATO nie

Dries ·

Ons sal ook nie hulp kry van Nato nie. ANC is aan Putin se kant

Marthinus W ·

Met Pentagon biolabs in ons land, het ons eerder probleme van Amerika en Navo se kant af. [Ek het my DA-raadslid vriend gevra om die ligging en posisie te bevestig, maar nog niks gehoor nie.] Poetin het in n paar toesprake gese Rusland sal haar bondgenote beskerm waar hulle ookal op die aarde is.

louis ·

Is maar tragies wat gebeur en dan keer ver regses afrikaners Putin se optrede goed! Hoe adsurd!

Nico ·

Rusland is ryk aan hulpbronne, dalk die rykste ter wereld. Juis daarom was dit vir die VSA ‘n teiken deur al die jare. Die VSA se verskoning, destyds en nou, was en is “national security”. Dit ondanks die feit dat Rusland nog nooit ‘n bedreiging vir die VSA ingehou het nie. Maar dit het nog altyd verkoop in Amerika; dink maar aan Vietnam, Korea, Irak, Afghanistan. Dat al hierdie gevalle niks daarmee te doene gehad het nie, is later besef, maar sonder dat enige van die rolspelers wat die leuen verkondig het, aan die man gebring is.

Colin ·

Het jy dalk vergeet van die Kubaanse missielkrisis in die 60’s?

Marthinus W ·

Ek het met Nikita Chroesjtsjof se seun, wyle Sergei, wat professor aan Brown University was, gekorrespondeer vir n manuskrip oor Rusland waaraan ek werk. Volgens hom het sy pa die missiele op Kuba geplaas as reaksie op die Varkensbaai [Bay of Pigs]-insident, om die Amerikaners te wys dat hulle die Monroe-doktrine hipokrities toepas. Maar sy pa het die prys daarvoor betaal, hy is uitgeskop en vervang met Leonid Brezjnef.

John F Kennedy was ook soepel genoeg in sy denke om aanpassings te maak, terwyl genl Curtis Lemay net bomme wou gooi. [En terwyl die krisis aan die gang was, het n idiotiese kolonel besluit om lugmagoefeninge aan Florida se kus te doen. Kennedy het amper n hartaanval gehad. Maar ook hy het die prys betaal: die wapenvervaardigers het in alle waarskynlikheid sy sluipmoord gereel.] Die Amerikaners soek nie vrede nie, want dit genereer nie genoeg geld nie.

Hennie ·

En Europa suig heel lekker aan Rusland se buuste vir energie! Hoe septies is dit nie? Europa finansier die Russe om Ukraine plat te vee met die aarde! Baas Putin is in beheer!

Nico ·

Dat Putin self Russies-Ortodoks is, deur sy ma in die geheim in kommunistiese Rusland gedoop is, eredienste op Sondae bywoon en deur die Russiese skrywer Alexander Solshenitsyn aangeprys is vir wat hy gedoen het in Rusland, wil niemand hoor nie. Nee, hy is mal, ‘n oorlogsmisdadiger (sonder ‘n verhoor natuurlik!) en alles wat sleg is. Hoekom? Want CNN sê so. Bid jou dit aan! Dieselfde Weste praat graag van “due process of the law”, “audi alteram partem” en “menseregte”, maar word dit goedskiks oorboord gegooi as hulle die naam Putin hoor.

Thom ·

En video’s gemaak deur BBC is ” fake ” volgens julle ?

Colin ·

Die feit dat jy vir Putin as ‘n Christen uitmaak het niks met die saak te doen nie. Gaan lees maar bietjie op, waarookal jy dink die regte waarheid is oor wat die grootste geloof in Ukraïne is. Meer as 80% is Christene. Dit het hom nie gekeer nie.

Marthinus W ·

Poetin se probleem is dat hy nie Amerika as die de facto leier [god] van die hemel en aarde wil erken nie, hy aanvaar God. Biden het nou die dag toe hy in Pole was erken wat Navo se uitbreidingsaksies eintlik is: om Rusland te isoleer, ekonomies te knak sodat hulle van Amerika afhanklik sal wees, en die volk dan op te rui om Poetin te vervang met n Boris Jeltsin-tipe aanbidder van alles wat Amerikaans is. Poetin weier, hy maak asof hy die wettiglik verkose leier van Rusland is, en asof Rusland n soewereine staat is.

efjy ·

Skenk solank ammunisie aan Pole. Hulle gaan volgende aangeval word. Oekraiene is maar net ‘n “stepping stone”.

Treurwilger ·

Pure Westerse opsweping om vrees te ontketen en die massiewe wapenverskaffingsbedryf te regverdig.
En verder lig dit Biden se patetiese syfers in die “polls” voor die November verkiesings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.