Student keer in koma terug ná aanhouding

Otto tydens sy verhoor. Foto: AP Photo/Jon Chol Jin, File

ʼn Amerikaanse student wat verlede jaar tot 15 jaar tronkstraf en harde arbeid in Noord-Korea gevonnis is, is ná 17 maande in aanhouding vrygelaat en het in ʼn koma in Amerika aangekom.

Otto Warmbier (22) het Dinsdagaand in ʼn koma by die lughawe in Cincinnati, Ohio, aangekom. ʼn Senior beampte van die Amerikaanse staatsdepartement het Warmbier se vrylating op humanitêre grondslag bewillig.

Warmbier is in Maart 2016 tot tronkstraf gevonnis nadat hy op Oujaarsaand in 2015 propagandamateriaal gesteel het. Hy het ʼn politieke banier gesteel by ʼn hotel in Pjongjang waar hy en ʼn toergroep tuisgegaan het. Hy is op 2 Januarie 2016 in hegtenis geneem toe hy die land wou verlaat.

Warmbier was deel van ’n Nuwejaar-toergroep wat van Noord-Korea na Hongkong sou reis. Die VSA het geen diplomatieke of konsulêre verbintenis met Noord-Korea nie. Warmbier se ouers het geen woord van hul seun gehoor sedert hy gevonnis is nie.

Warmbier het Dinsdagaand in Ohio aangekom voor hy na ‘n hospitaal vervoer is. Foto: AP Photo/John Minchillo

Warmbier moes soos ander buitelandse aangehoudenes ’n openbare erkenning van sy oortreding doen. Hy het ʼn bekentenis voorgelees wat glo vir hom geskryf is terwyl hy huilend om verskoning gevra en om sy vrylating gepleit het. Hy is ná ʼn uur lange verhoor gevonnis vir misdaad teen die regering.

Hoewel hy nou tuis is, is daar nuwe vrae rondom hoe dit kon gebeur dat ʼn gesonde jong man in ʼn koma geraak het. Volgens berigte het die Noord-Koreaanse owerhede gesê Warmbier het voedselvergiftiging opgedoen kort nadat hy gevonnis is en dat hy toe in die koma geraak het. Daar is glo ook ʼn slaappil aan hom gegee.

Drie ander Amerikaanse burgers word tans nog in Noord-Korea aangehou. Amerika het ook weereens ʼn beroep gedoen op sy burgers om nie Noord-Korea te besoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

En aan die ander kant van logika en wets toepassing en reëls en regulasies staan…SUID AFRIKA! Hier is jy welkom om te kom steel en verwoes en moor en brand…jy moet bloot aan die korrekte kant van KOLON oiaisme wees en previjisli disatvaantidgd wees en currently taking advaantijdg.

LB S ·

He he he he, lekker lag ek nou, maar dis so waar mens kan eintlik huil.

Malan ·

Dis is bitter hartseer wat met die Warmbier jongman gebeur het! ‘N Mens kan net hoop dat hy met die nodige mediese hulp sal herstel.

adriana ·

Bly weg uit Noord Korea. Dis moeilikheid soek.
Jammer oor die jongman. Ek wens hom en sy ouers en familie sterkte toe.

Kolonel ·

Goed genoeg rede vir Amerika om daai verskoning van ‘n skreefieoogleier ‘n kernpil te gee, sou ek sê.

Raak of Gaan? ·

Hierdie artikel laat my vreeslik kopkrap…
Raak jy in n koma of Gaan jy in n koma of Val jy in n koma?
Raak klink net nie reg nie….

Ag tog... ·

Wat maak dit tog saak!

Arme mense het nie dit verdien nie. Bly weg uit NK!!

JC van der Merwe ·

Die regte bewoording sou wees: “Hy het by in ‘n koma in Amerika aangekom.” of “was komatoos by sy aankoms in Amerika.”

Dit is bloot ‘n swak skrywer wat “fell into a coma” direk vertaal het….hoop dit maak sin.

JC van der Merwe ·

Jammer – Glad nie “BY ‘n koma” nie. Die ou man het nie sy bril opgehad nie – jammer mense.

Lynette ·

Noord-Korea speel nie. Ek het die saak destyds gevolg – die atme seun het net tereyl hy bietjie gedrink was, n “poster”van die president v d muur af gesteel as “keepsake” en is toe van wandade teen die staat aangekla….dit was absoluut belaglik….bly WEG van NK…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.