Student veil haar maagdelikheid op

Elizabeth Raine

Elizabeth Raine

ʼn Amerikaanse mediese student wat haar maagdelikheid op die internet opveil, het nou ʼn foto van haarself uitgereik.

Elizabeth Raine (28), nie haar regte naam nie, het ʼn webtuiste geskep waar sy haar maagdelikheid opveil. Sy het aanvanklik haar gesig op foto’s op die webtuiste verbloem maar het intussen besluit om vir die wêreld te wys hoe sy lyk. “Ek wou nie gehad het enigiemand moet my anonimiteit as ʼn skande sien nie, want ek is nie skaam daaroor om ʼn maagd of ʼn ‘hoer’ te wees nie.”

Die veiling het op 31 Maart begin en eindig op 7 Mei. Die hoogste bod staan tans op $550 000 (sowat R5,7 miljoen). Raine verskaf op haar webtuiste vyf redes oor hoekom sy haar maagdelikheid wil opveil naamlik die geld, die avontuur, erotika, die skandaal en die absurditeit daarvan.

“Ons het al baie ver gekom en ek wil graag dink ons leef in ʼn tyd waar ʼn vry en opgevoede volwasse vrou kan kies om seks een keer (en wettiglik) te verkoop sonder dat haar loopbaan van haar af weggeneem word en haar lewe vernietig word,” sê Raine.

Daar was al soortgelyke gevalle waar mense hul maagdelikheid op die internet opgeveil het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PURE BOER ·

Daai geld “pop” sal nie vir jou n plek in die HEMEL koop nie, maar wel verniet n plek in die HELL waarborg.

Nuuskierig ·

dis so so waar! Seks teen betaling = prostitusie. en ek dink nie madam is nog ‘n maagd nie. wat dan?

Elsabe Retief ·

LOL! Nuuskierig die “madam” gaan seker haar sykouse aanhou!

Victor van Eyssen ·

Baie slim van haar… Baie mense gee daardie voorreg verniet weg, en dan gewoonlik aan die “leegste blik”! (Soos die verkoop van jou “eers-geboorte reg, in ruil vir ‘n pot Lensie-Sop”…) Ten minste sal sy iets van meer waarde kry daarvoor en hopelik die geld reg aanwend om van die Wereld ‘n beter plek te maak, in ‘n ander opsig.

Ek sou egter net hoop dat sy duidelik sou stipuleer, dat daar sekere voorwaardes aan die persoon moet wees… -aangesien die Bybel dit baie duidelik stel, dat “klei en yster NIE meng nie”-!!!

Boonop raak sy en die ONGETROUDE man wat die hoogste bod geplaas het, dalk ook verlief op mekaar… en raak in ‘n wettige huwelik verbind om ‘n lang en gelukkige lewe saam te kan he!

Sterkte meisie-kind!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.