Studie: Ons weet wanneer ons dood is

Foto ter illustrasie: Pixabay

Die menslike brein hou vir ʼn kort rukkie ná die dood aan werk, word in nuwe navorsing beweer, wat beteken ʼn mens sal bewus wees daarvan dat jy gesterf het.

Wetenskaplikes sê hulle het vasgestel dat breinaktiwiteit nog enkele sekondes lank aanhou nadat die hart ophou klop het, berig die Daily Mail.

Volgens die deskundiges beteken dit ʼn dooie sal ten volle bewus wees van wat gebeur omdat sy of haar bewussyn sal aanhou werk.

Die oorledene is dus ʼn rukkie lank in sy of haar dooie liggaam vasgevang terwyl die brein aanhou werk.

ʼn Dooie sal selfs kan hoor hoe die dokter hom of haar dood verklaar, beweer die navorsers onder leiding van dr. Sam Parnia van die Stony Brook University School of Medicine in New York.

Parnia en sy span het navorsing gedoen op mense wat ʼn hartaanval gehad en tegnies dood was, maar later bygebring is. Dis die grootse studie van sy soort wat al onderneem is, berig die Britse dagblad Independent.

Van die mense wat hulle bestudeer het, het gesê hulle was ten volle bewus van gesprekke en kon dinge sien wat om hulle aangegaan het, selfs nadat hulle dood verklaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Paul ·

Tegnies dood? En toe is hulle bygebring. Ek sal die bostaande eers glo as hulle die navorsing gedoen het op mense wat reeds dood verklaar is.

JSG ·

Tegnies gesproke is daar net een geval waar jy nog vir ‘n paar sekondes bewus gaan wees wat om jou aangaan en dit is wanneer jou kop binne ‘n sekonde of so van jou lyf verwyder word. Daar is nog genoeg suurstof in die brein om dit vir tydjie aan die gang te hou, alhoewel jy onmiddellik jou bewussyn sal verloor. Met natuurlike dood verminder die suurstof na die brein geleidelik en jy sterf wanneer die brein geen suurstof meer het.

John ·

LOL.. Ou ou ou nuus. Tibetian Book of The Dead se dit DUISENDE JARE TERUG… LOL OH MY SOUL OUDSTE NUUS.
PS.. LEES DIT EN OPENBARING KLINK SOOS N STROKIES PRENT.

Staak saam ·

Die sterwende slaan tog nie net dood neer nie.
Wat gebeur as n mens stef?
Jou bloeddruk verlaag tot op so n punt dat jy jou bewussein verloor weens vermindering van suurstof, wat hierdie studie eintlik se is dat jou brein sy bewussein herwin wanner daar hart stilstand is, geen suurstof en ook geen vervoer van adrenalien wat vry gestel mag wees nie.
Daar is al so baie studies gedoen oor na doodse ervarings maar steeds kan die wetenskap nie verklaar hoekom kinders van 3,4 en 5 jaar oud presies dieselfde ervarings ervaar as volwasse mense nie aangesien kinders van daai ouderdom se breine nog ontwikkel en ook op daai ouderdom geen begrip het van lewe of dood nie.
Studies is interesant leesstof maar ons kan ook nie alles glo nie en veral nie as dit so onvolledig is nie.

Cherokee ·

Feit is dat die mens se brein nooit ophou werk nie maar bloot verhuis na ‘n nuwe ewige tuiste.

Martiens ·

Die Bybel is nie ‘n wetenskap handboek nie. Dit mag daarom nie letterlik vertolk word wat sulke sake betref nie. Dit is ook onwaar dat die Bybel letterlik die (gedikteerde) woord van God is.

Sela.

SNEL ·

2 Tim 3:16 Die HELE Skrif is deur God ingegee (God ingeblaas). Dis letterlik God wat met ons praat, dis letterlik God se Woord, so juis oor daardie punt, is dit bitter gevaarlik en onverskillig om losweg dinge te sê oor God se Woord of dinge te verdraai of dit af te maak as nog n boek op die boekrak, dis n Enige Boek in sy soort. Niks staan daar geskryf wat God ons nie wou laat lees nie. Ja, deur mense geskryf, maar deur die Heilige Gees se leiding ingegee.

James ·

Nerwat. As jy dood is, is jy dood. Brein prosessering soos gehoor en sig is afhanklik van bewussyn. As jy dood is, us jiu bewussyn daarmee heen.

DewaldS ·

Ek sal regtig aanbeveel dat jy (en enigiemand hier) die werk van Elizabeth Kubler Ross oplees. Dit sal jou denke oopmaak vir ‘n wêreld van BAIE meer moontlikhede..

Jan ·

Dit moet ‘n vreesaanjaende gedagte wees vir ongelowiges. Gelukkig weet ek as Christen dat die aardse dood nie die einde van die lewe is nie, maar dat dit net my geskenk is om die ewige lewe tegemoet te gaan.

Chris ·

Nee wat Jan – die verskil is jy glo in daardie bangmaak storie en lewe in vrees – ons is vry om deur die lewe te gaan en ons nie onnodig te bekommer oor iets wat nog nooit bewys is nie – en waar ons kwansuis aan die korste ent gaan trek as ons die dag sterf….

Grens ·

Willem, as jy nie glo, soek jy allerande bewyse. Glo 100% sonder twyfel, dan openbaar God hom aan jou en dan WEET jy waar jy heen gaan. Ek het maar ook eers daarmee gesukkel tot ek God heeltemal vertou het. Nou weet ek ook, sonder om arrogant daaroor te klink, waarheen ek oppad is.

Oop oge ·

Die mens bestaan uit n siel en n liggaam.

Waneer die liggaam sterf, dan gaan (die werklike jy) die siel terug waar dit vandaan kom. Diegene wat deur Christus se Bloed gereinig is, ontvang uiteindelik n nuwe onsterflike liggaam en rus in Sy teenwoordigheid tot die end van tyd.

Die res van die siele gaan in n “slaap” fase tot en met die finale oordeel, waneer God hulle uit die dode oproep om voor Sy Troon te verskyn in die liggame waarin hulle gesterf het, om voor die aangesig van God ge oordeel te word – ongeag in watter vorm die liggaam vernietig sou gewees het op aarde.

Dis vanselfsprekend dat jou brein nog funksioneer solank as wat daar suurstof in die bloed is, wat beteken dat so n individu steeds dinge kan waarneem, minimale sekondes na sy hart gaan staan het…dis die laaste orgaan wat uitdoof….natuurlik alles afhangende van die wyse waarin die dood intree.

Guillotine gevalle en hoeners wat se koppe afgkap word bewys dit …

Verveeld ·

Tot die einde van tyd? Wat gan mens heeldag doen dink jy? Jy kan net soveel keer dieselle liedjies sing en hande klap. Ek persoonlik hoop daar is verversings.

Johannes v Rensburg ·

Die ryk man van die Lazarus verhaal gaan met jou stry oor die “slaap” wat jy van praat.

SNEL ·

As ek Prediker 9:5 en die tekse voor en agter dit lees, sê dit nie dat daar waar die dooie is hy niks weet nie (dat hy net n dooie stuk hout in die grond is nie) maar dit klink eerder dat hy niks meer weet wat op aarde aangaan nie, niks pla hom meer nie (vers 6). En dan as ek vers 4 lees by die lewendes is daar hoop kan ek net sê, geloof, hoop en liefde en die grootste hiervan is die liefde (1 Kor 13:13) op aarde het ons geloof en hoop nodig, maar as ons sterf het ons nie meer geloof en hoop nodig nie, want dan is on by die Here, jy sien Hom, jy is by Hom, jy kort nie meer geloof nie, alles is uniek en volmaak, ons kort ook nie meer hoop nie, maar nou en tot in ewigheid sal ons altyd liefde nodig hê… die liefde sal staan tot in ewigheid.

Pierre Wolmarans ·

Niemand word mos in n paar sekondes dood verklaar nie. Ek is seker miskien in n minuut of miskien langer. Behalwe as daai dokter nie behoorlike toerse doen nie.

anton ·

Dit is iets wat ek nog altyd oor gewonder het………of n mens sal weet dat jy dood is.
Na die berig wil ek nogal dit glo dat n mens wel sal weet as jy sterf. Dit maak nogal sin vir my.
Tog dink ek daar is klein uitsonderings waar n mens dit moontelik nie sal weet nie maar ek sal/wil nie uitbrei op dit nie.

Geesmens ·

Ons is ‘n geesmens met ‘n siel in ‘n vleeslike liggaam. Wanneer jy sterf, is dit jou geesmens (die ware jy) wat jou lyf verlaat en dis wie bewus is van jou dood, nie die brein nie. Wetenskaplikes wil maar net nie hierdie Goddelike konsep aanvaar nie. God is gees en ons is ook so gemaak om as gees wesens terug te keer na Hom.

Foxi ·

Dit is werklik so dat jy weet wat om jou aangaan. Jou hart stop maar jou brein tree nog in werking. Jy voel niks….net stilte…..doodse stilte…..maar daar is beslis n Gees by jou, of dit jou eie is, kan ek nie sê nie, gelukkig het my hart weer begin klop. My eie ervaring, glo dit of nie. Dankie.

DewaldS ·

BAIE, BAIE dankie vir jou bydrae. Daar is NIKS soos persoonlike ondervinding nie. Glo dit en werk van dit af af wat jyself ervaar of ervaar het.

Susara ·

Hi John, ek stem saam met jou, hierdie is my gunsteling onderwerp en waaroor ek graag oplees; ek het jare gelede die Egyptian Book of the Dead gelees, baie interessante inhoud. Ek kry net nie my hande gele op die Tibetan Book of the Dead nie, Dankie vir jou bydrae,

Johnnie ·

Dit wat hulle nou bewys jou brein leef nog n paar sekondes na jou dood is net n bewys dat in daardie tyd dan sal jy weet waar jy die ewige lewe gaan deurbring of die hemel of die hel.

Meisie ·

Verveeld ek voel regtig jammer vir jou. Hoe alleen moet dit wees daar waar jy is.

Willem ·

Wel, dis tog ‘n goeie punt wat hy maak. Ek sal moeg raak vir al die blye galme en trae psalms. Ten minste weet mens al die goeie musikante is hel toe, dink dit sal meer opwindend daar wees

Piet Piet ·

Ek kan ongelukkig nie alles plaas wat ek graag wou nie omdat dit te veel woorde bevat.

Jesus het die volgende verklaar: Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
In Hand 2:34 lees ons die volgende: Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand
Met ander woorde niemand kan hemel toe gaan nie sonder ‘n fisiese maar veranderde liggaam nie. Net soos Jesus met ‘n liggaam op gevaar het,net so moet alle mense wat hemel toe gaan,met ‘n liggaam op gaan. Let daarop dat selfs nie eers Dawid se siel in die hemel is nie en sal hy saam met die res op die laaste dag opgewek word soos die res van die regverdiges.
Verder het Martha vir Jesus ook dan so geantwoord na haar broer se dood. Johannes 11:24 Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.
Indien sy verkeerd was sou Jesus haar reg gehelp het deur haar te troos dat hy nou in die hemel is.
Lees ook wat Paulus sê oor die opstanding in die laaste dag.
Indien jou siel reeds by die Vader is, hoekom moet daar ‘n fisiese opstanding wees.

Alle lewe kom tot ‘n einde ·

Dit is mos logies. Dit duur mos tyd voordat alle liggaamfunksies ophou werk. Dit is ‘n natuurlike proses. ‘n Hoender wat se kop afgekap is om in die oond gerooster te word hardloop nog steeds rond vir ‘n paar minute voordat hy of sy finaal sterf en jy die vere kan begin uitpluk.

NS: Hoekom moet mense altyd met vrees afgedreig word om op ‘n sekere manier op te tree of te glo? Mense het alreeds soveel sielkundige probleme en persoonlikheids versteurings. Om mense nog verder af te dreig met vrees om soos robotte te glo en te funksioneer vererger net die probleme van reeds gebroke mense. Ongelukkig het geen mens al die antwoorde nie en sal ook nooit al die antwoorde hê nie. Almal glo egter hulle is Reg sommige net meer as ander. Mense interpreteer en verwerk dit wat aan hulle opgedis word egter te verskillend daarvoor om in almal se Reg te glo. En om die probleem nog erger te maak sommige mense glo alles wat mense met sogenaamde studies en sogenaamde navorsing aan hulle vertel, maak nie saak hoe onlogies of verregaande dit is nie.

Se net ·

Niemand weet werklik wat die prosess van dood behelsnnie, maar glo dat die bevindings reg is maar beslis nie nuwe bevindings is nie. Ek her al take dokumentere gesien oor die jare waar mense praat oor persoon ondervindings en dit is inlyn met wat hulle hier se. Maar net baie Meer detail.

Ron ·

1stens : Die Bybel IS die Woord van GOD Punt!
2dens : As jy dit glo . . . En leef , sal onsinnige praaitjies soos met “Willem en Verveeld” sin jou laat besef hoe verduister hul verstand en oë is …. keur jou van sulke mense af!
3dens : en wat maak dit saak of jy nog n paar minute of sekondes “Leef” … wat saak maak is of jou naam in die boek van die lewe opgeskryf is vriend.
Hoop ons almal vind genade by GOD.

Piet Piet ·

Kom ons kyk wat sê die Bybel wat gebeur as ‘n mens doodgaan. Voor ons daarby uitkom moet ons eers kyk hoe die mens geskep is.
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Maw die mens het eers ‘n lewende siel geword nadat die asem van die lewe in hom ingeblaas is. Let asb daarop dat die mens nie ‘n siel ontvang het nie,maar wel dat hy een geword het.
Liggaam+asem van lewe=lewende siel.
Nou kan ons kyk wat gebeur as ons doodgaan.
Gen 3:19: In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
Let daarop dat daar van jy gepraat word. Maw jou liggaam is wat en wie jy werklik is.
Prediker 12:7: en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
Daar word nie gesê dat net die goeie geeste na God terugkeer nie maar alle geeste. Die gees wat na verwys word, kan net sowel vervang word met die asem van die lewe. Die rede hoekom ek dit sê is omdat in Job 27:3 is daar geskrywe: want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus—

Piet Piet ·

Johan, As ek verkeerd is het Jesus gelieg. Is dit moontlik?

Baie mense haal graag aan wat Jesus vir die man aan die kruis gesê het nl, dat hy vandag saam met Hom in die paradys sal wees. Behalwe dat die komma op verkeerde plek geplaas is, sê die Bybel duidelik dat Jesus op gevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God. Daar staan niks van ‘n paradys nie.

Ek is reg omdat Ek so sê ·

As ek almal se veskillende kommentaar en interpretasies hier bo lees is Godsdiens gebaseer op vrees en beloning. Of jy brand of jy word beloon. Die enigste wat wel sin maak uit al die kommentaar hierbo is dat geen twee mense saamstem oor die interpretasie van Godsdiens nie. Selfs in oordrewe tiranniese Godsdiens Kultusse waar mense gebreinspoel, emosioneel afgepers en geforseer word om soos die Leier te dink met die hulp van selektiewe uitsoek van Bybelversies (vrees) is daar mense wat wegbreek.

Karen ·

Ek is reg omdat ek so sê….. Ek dien die Here beslis nie uit vrees vir die hel of enige ander vrees nie. Ek dien Hom nie net oor die kruis en die groot prys wat Hy betaal het vir my nie, of omdat Hy n Koningsposisie prys gegee het om soos n mens op aarde te lewe nie, maar ek dien Hom want Hy is God, Hy het my geskape, Hy hou my in Sy hand en Hy ALLEEN is waardig om aanbid te word. Beloning… ek dien die Here beslis nie vir Sy hand nie. Buitendien, wys my n dissipel van die Here wat ryk was, maar om die Here te dien bring n vrede, kalmte en rustigheid wat jy aan geen een kan beskryf nie, dis priceless. Liewer op die drumpel van my God as in tente van godeloosheid.

Staak saam ·

Aan die kruis se Jesus vir die moordenaar, voorwaar en se vir jou, vandag sal jy saam my die koningkryk in gaan.
Natuurlik weet jy wanneer jy dood is, die wetenskap sukkel net om die liggaam en die gees van mekaar te skei.
Hierdie studie beaam eintlik wat Jesus se aan sie kruis.

Piet Piet ·

Dit moet eintlik lees ” En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou vandag, jy sal saam met My in die Koningkryk wees. Onse Vader wat in die Hemel is. Laat U naam geheilig word. Laat U Koningkryk kom…… Hier op aarde, nie in die Hemel nie!

Pieter ·

Daar is 2 fases van dood (1) klinies dood wanneer die hart stop en (2) Biologies dood wanneer die brein afsterf . Klinies dood is dit moontlik met CPR om die persoon terug te bring. Biologies dood is die brein dood dus is daar n paar minute gewoonlik om en by 4 minute om dinge teweeg te bring. So ek glo dit is waar dat so n persoon bewus is van wat aangaan tot en met die brein afsterf

JMC ·

Ek het vir agt en ‘n half ure gesit en kyk hoe gaan my vrou dood van “ARDS” (in Afrikaans akkute respiratoriese nood sindroom) terwyl haar organe een na die ander ingegee het weens ‘n suurstoftekort. Die dokter het my gewaarsku dat daar baie groot skade sou wees indien sy wonderbaarlik sou oorleef, bedoelende dat sy ‘n koolkop sou wees, en ek sê dit nie met disrespek nie. Ek was ingelig dat die hart die laaste sou wees om in te gee na alles reeds nie meer werk nie, so ek wonder hoe relevant haar brein nog was.

Oop oge ·

Die liggaam is in sonde ontvang en gebore en moet tot niet gaan…tot stof waar dit vandaan gekom het.

Die asem van die lewe is dit wat die liggaam laat leef, dieselfde as met diere. Mens en dier is deel van dieselle aardse skepping…en albei gaan terug tot stof.

Wat die verskil maak is dat die werklike JY sy ontstaan gehad het nog lank voordat die liggaam geskape was. Met jou geboorte neem daardie geestelike liggaam sy woning aan in jou vleeslike liggaam en jou vleeslike liggaam dra dan die vrugte van die werklike JY.

God (Heilige Gees) het vlees geword in Jesus Christus die liggaam wat Hy vir Homself geskape het. Net so het Satan (Lucifer) ook vlees geword in die liggaam van Judas die veraaier.
Dieselfe patroon word gevolg in die mensdom…sommige met God se Gees en die res verteenwoordigers van Lucifer. Ons het met albei se werke daagliks te doen.
Koring vs onkruid.

As jou liggaam se gees dit verlaat dan gaan JY (jou siel) na die plek van jou oorsprong.
God het gesterf vir diegene wat verteenwoordiging in Homself het en daarom stuur Hy Profete om Sy Eie te roep – soos in die geval van Moses, Noag, Paulus, ens. Die res identifiseer hulleself as spotters, want hulle is van `n ander oorsprong.

Piet Piet ·

Oop oge,

Dit het al in die paradys onstaan. Onthou die saad van die vrou en die saad van die slang (satan) Abel en Kain, Jakob en Esau. Die ergste van almal, Nimrod.

Poot ·

Wat worry almal so oor wat gebeur nadat jy jou laaste asem uitblaas. Worry eerder of jou saak met die Here reg is voordat dit gebeur. indien wel, dan is jy gesort.

Scientia ·

Ek weet nie waarom mense dit so moeilik vind om te verstaan nie.

Die menslike liggaam, insluitende die brein, is ‘n komplekse stelsel van stelsels. Ons is geneig om te dink dat indien die een afskakel, die ander onmiddelik daarmee saamafskakel. Dit is egter nie korrek nie.

Daar is niks ongeloofwaardig of esoteries rondom dit nie

Karen ·

Ek is reg omdat ek so sê….. Ek dien die Here beslis nie uit vrees vir die hel of enige ander vrees nie. Ek dien Hom nie net oor die kruis en die groot prys wat Hy betaal het vir my nie, of omdat Hy n Koningsposisie prys gegee het om soos n mens op aarde te lewe nie, maar ek dien Hom want Hy is God, Hy het my geskape, Hy hou my in Sy hand en Hy ALLEEN is waardig om aanbid te word. Beloning… ek dien die Here beslis nie vir Sy hand nie. Buitendien, wys my n dissipel van die Here wat ryk was, maar om die Here te dien bring n vrede, kalmte en rustigheid wat jy aan geen een kan beskryf nie, dis priceless. Liewer op die drumpel van my God as in tente van godeloosheid.

AMEN ·

Sulke pragtige woorde wat jy spreek en so waar. Die aardse verloor alle betekenis wanneer die liggaam sterwe

Merkur ·

Hoe moet of kan ´n mens volgende verstaan: Matteus 17:12-13
Is Johannes die Doper ´n reïnkarnasie van Elia?

AMEN ·

Jy ken tog seker self die antwoord? Dieselfde Heilige Gees was in beide. Dieselfde Gees wat ook in Jesus was en nou in elke gelowige is

Spokie ·

Die dag as my klok slaan, doen ek net eers gou die Riel van blydskap…….

se net ·

Wel ek glo dit. Het my redes daarvoor. Ek meen dit is ook waar dat sommige mense in n skyndood gaan. Dit dink ek is die artikel en dat dokters die mens weer terugbring. Ek glo jy weet alles wat om jou aangaan en nie net vir sekondes nie. Jy is net dan nie meer deel van die menslike vlees nie.

‘n Nasie van Happy en Chill Pille ·

Karen ek is bly oor die vrede, kalmte en rustigheid wat jy ervaar in jou Geloofslewe. Alles van die beste vir jou.

Ongelukkig ken ek ook heelwat kalm en rustige mense met ‘n permanente uitdrukking van vrede op hulle gesigte. Hulle drink egter daagliks PROZAC en ander chill en happy pille om te kan cope met die realiteite van die lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.