Sugarman-regisseur dood gevind

Malik Bendjelloul. Foto: Facebook

Malik Bendjelloul. Foto: Facebook

Malik Bendjelloul, regisseur van die Oscar-bekroonde “Searching for Sugar Man”, is in die ouderdom van 36 oorlede.

TT news agency berig dat Bendjelloul Dinsdag in Stockholm, Swede oorlede is. Die omstandighede rondom sy afsterwe was nie onmiddellik duidelik nie. Die polisie het wel bevestig dat hulle nie ‘n saak van moord ondersoek nie. Die polisie het geen besonderhede verskaf oor waar Bendjelloul se liggaam gevind is nie.

“Searching for Sugar Man” handel oor ‘n kunstenaar wat beroemd geword het sonder dat hy dit geweet het. Sixto Rodriguez het in 1970’s twee albums opgeneem waarna hy opgehou musiek maak het. Nadat hy van die musiektoneel verdwyn behaal sy albums egter reuse sukses veral in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.