Sugarman-regisseur het selfmoord gepleeg

Malik Bendjelloul. Foto: Facebook

Malik Bendjelloul. Foto: Facebook

Malik Bendjelloul, regisseur van die Oscar-bekroonde “Searching for Sugar Man”, het selfmoord gepleeg.

Bendjelloul se broer, Johar, het aan die Associated Press bevestig dat sy 36-jarige jonger broer Dinsdag sy eie lewe geneem het. Hy sê sy broer het vir ‘n kort ruk met depressie geworstel. “Die lewe is nie altyd maklik nie,” het Johar gesê. Hy sê die oomblik toe hy die nuus ontvang het dat sy broer selfmoord gepleeg het, was die slegste ding wat hy nog ooit ervaar het. “Ek weet nie hoe om dit te hanteer nie. Ek weet nie.”

Die polisie wou intussen nie kommentaar oor die omstandighede rakende Bendjelloul se dood bekend maak nie maar het wel bevestig dat hulle nie vuilspel vermoed nie.

Boodskappe van medelye stroom intussen in. “Hy het ‘n fantastiese rolprent gemaak en hy sal gemis word,” het die rolprentmaker Michael Moore op Twitter gesê. Simon Chinn, wat “Searching for Sugar Man” vervaardig het, sê hy is geskok en baie hartseer oor die dood van sy vriend. “Dit voel so onwerklik. Hy het alles gehad om voor te leef.”

“Searching for Sugar Man” handel oor ‘n kunstenaar wat beroemd geword het sonder dat hy dit geweet het. Sixto Rodriguez het in 1970’s twee albums opgeneem waarna hy opgehou musiek maak het. Nadat hy van die musiektoneel verdwyn het, het sy albums egter reuse sukses veral in Suid-Afrika behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marlene ·

Terugvoer van Rodriguez oor hierdie hartseer gebeurtenis sal ook waardeer word Maroela.

Elizabeth ·

Depressie is ‘n siekte van ons tyd – mens wonder of dit net meer op die voorgrond is deesdae of is dit ‘n geval van die mens se leefstyl – alles ‘n gejaag, na geld, na mag, na beter lewens en ons plaas soms self te veel druk op ons. Ek het male sonder tal al gesê dat die mens al op die maan was, ons stuur ruimteskepe na Mars, ons was in die diepste dele van die see, op die hoogste berge maar die menslike brein en die werking daarvan en reaksie op sekere stimulasies is nog steeds ‘n amper heeltemal onbekende terrein.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.