Suid-Afrika stuur afvaardiging na Israel oor Gasa-konflik

Foto: stiripesurse.ro

Foto: stiripesurse.ro

Pres. Jacob Zuma stuur ‘n spesiale afvaardiging na Israel en die Palestynse gebiede, omdat vrede in die gebied in Suid-Afrika se belang is, aldus Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane.

Die afvaardiging staan onder die leiding van die bekende pro-Palestynse voormalige adjunk-minister, Aziz Pahad. Pres. Jacob Zuma gaan ook ‘n uitnodiging aan die Palestynse president, Mahmoud Abbas, rig om ‘n werksbesoek aan Suid-Afrika te bring.

Intussen styg die dodetal aan weerskante van die strydendes in die Gasastrook. Sedert die vyandelikhede 15 dae gelede begin het, het bykans 600 mense reeds omgekom. Israel het reeds 20 ongevalle gely, waarvan 18 soldate is. Een Israelse soldaat word vermis, en is waarskynlik dood. Hamas maak daarop aanspraak dat hy gevange geneem is.

Na daelange bombardemente, en twee skietstilstande wat telkemale deur die Palestyne geskend is, het Israel tot ‘n grondaanval oorgegaan. Die hoofdoel is om tonnels wat Hamas onder die grens deur grawe, te vernietig. Van die tonnels is 100 meter diep, en kilometers lank, en het veelvuldige versteekte ingange in geboue. Israel moet ‘n strook van ongeveer 2 kilometer diep in Gasa deursoek om seker te wees alle tonnels is vernietig.

Hamas gebruik die tonnels om items te smokkel, maar ook om invallers in Israel in te stuur. ‘n Israelse soldaat, wat later vir ‘n duisend Hamas-gevangenes in Israel verruil is, is vroeër so uit Israel ontvoer.

Intussen het ‘n Israelse koerant ‘n VN-woordvoerder aangehaal wat baie ontsteld is na die VN-agentskap in die Gasa-strook vasgestel het dat die Palestyne ‘n skool onder die beheer van die agentskap gebruik het om vuurpyle te stoor.

Beide strydende kante maak intensief van propaganda gebruik, en joernaliste en ander waarnemers het ‘n strawwe taak om ‘n objektiewe prentjie te vorm van wat aangaan.

Israel se taak word onder meer erg bemoeilik deurdat Hamas nie skroom om burgerlikes as skilde te gebruik wanneer vuurpyle op Israelse woonbuurtes afgevuur word nie. Skoolterreine en selfs hospitale se dakke is al hiervoor gebruik, terwyl Hamas van sy operasionele sentrums ook reeds in hospitale, moskees en woonstelblokke ingerig het.

Intussen lyk dit of die konflik na die Wesoewer en Oos-Jerusalem oorspoel. Berigte is ontvang dat Palestynse oproeriges Israelse patrollies met sg Molotv cocktails bestook het, en minstens een Paletynse bevelvoerder op die Wesoewer is in die proses doodgeskiet.

Die VN se Veiligheidsraad dring op ‘n skietstilstand aan wat tot langdurige vrede kan lei. Die VN se sekretaris-genraal, Ban ki-Moon is na die gebied onderweg.

Bronne: Sapa, Trouw, Christian Science Monitor, Christian Coalition of America

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Belinda ·

Plaas hy worry oor sy eie land en die misdaad en die moorde en dienste wat nie gelewer word en al die mense wat dood gaan van die honger maar ja I REST MY CASE………………………..

Demokraat ·

Die Palestyne sal die Zuma-afvaardiging met ope arms ontvang en die goeie wense uit Afrika gulhartig ontvang.

Daarenteen glo ek nie die Israeli’s het tyd vir so ‘n nin-compoop spul uit Suid-Afrika nie – die Israeli’s praat waasrkynlik slegs met die Amerikaners en Westerse lande wie goeie raad en ondersteuning kan gee.

Grassie ·

Ek wonder soms hoe werk Zoempas se kop. Hier stuur hy nou wragtig ‘n afvaardiging onder leiding van ‘n Moslem wat pro-Palestyns is om vir Israel te gaan vertel hoe om vreedsaam in hul land te leef, terwyl sy eie land besig is om in chaos te verval. Tien teen een sal die Israeli’s vir die afvaardiging in diplomatieke taal sê om eers terug te keer na hul piesangrepubliek en hul eie probleme uit te sorteer voor hulle vir hul kom slim hou in Israel.

william ·

Zuma moet eers sy land regkry. Armoede, werkloosheid en moorde.

fritzoos ·

Nog ‘n perfekte geleentheid om aandag te kry. Hul weet self nie wat hulle daar maak en waarom hul Hamas onsersteun. Dit gaan vir hulle net oor opmaak vir nie prefek word in graad 7 en nou wys ek is iets.

Johannes ·

SA regering moet sy neus daar uithou en konsentreer op ons eie probleme en nog iets Palistyne mag Isreal aanval maar Israelies mag onder geen omstadighede hulleself verdedig nie hoe vermetel die wereld moet die BALK eers uit hulle eie oog iuthaal voor hulle kritiseer en ek se met trots op die Israelies gaan voort verdedig julleself en nog iets die Palistyne sit vroue en kinders in die gevegslinie om gedood te word met die soldate agter hulle die lafaards en dan se hulle die Israelies dood vroue en kinders hulle onderskat mense se intelligensie darem baie.

Chrisjolus ·

Hoeveel gaan hierdie simpatieke Zuma sending die land se belasting betalers kos .?

Koos Storm ·

Die arme drommel besoek Israel nadat ons regering een miljoen Amerikaanse dollar aan die PLO geskenk het. Wragtag, hul arogansie oorheers hul intelligensie.Wat werk in Afrika, is nie aanvaarbaar in die res van die wêreld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.