‘Superman’ (10) laat spat Phelps-swemrekord

Clark Kent Apuada.

Clark Kent Apuada, ʼn tienjarige seun van Kalifornië in die VSA, het die Olimpiese swemmer Michael Phelps se swemrekord in die 100 m-vlinderslag oortref.

Apuada het op ʼn Kaliforniese swembyeenkoms die 100 m-vlinderslag in ʼn tyd van 1 minuut en 9,38 sekondes afgelê, meer as ʼn sekonde vinniger as die rekord wat Phelps in 1995 opgestel het.

“Meeste mense het my net altyd Clark genoem, maar nou noem hulle my Superman,” het Apuada aan CBS gesê.

“Ek het by myself gedink: As ek positiewe denke het sal positiewe dinge gebeur.”

Apuada het reeds sy visier op die 2024 Olimpiese Spele ingestel. Hy sal teen dan slegs 16 jaar oud wees.

Phelps, wat 15-jaar oud was toe hy aan sy eerste Olimpiese Spele deelgeneem het, het sedertdien 23 medaljes gewen in ʼn loopbaan wat oor 16 jaar gestrek het.

Phelps het Apuada op Twitter gelukgewens met die prestasie. “Big congrats to #clarkkent for smashing that meet record!!! Keep it up dude !!#dreambig”, het Phelps gereageer.

“Ek is mal oor swem, want ek het baie mense wat my ondersteun en my afrigters en my ouers is altyd daar vir my,” het Apuada gesê.

Apuada se ma het aan CBS gesê haar seun is genoem na Superman, omdat sy pa lief is vir dié superheld.

Bron: Newshub

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Ongelooflik! Van wat ek kan agterkom is dat Phelps die rekord in 1995 by dieselfde byeenkoms opgestel het. Phelps is in 1985 gebore, dus was hy ook 10 jaar oud toe hy daardie rekord opgestel het. Help my aub reg as ek verkeerd is.

Nel Venter ·

Die rekord is die spesifieke byeenkoms se rekord, en nie ʼn Amerikaanse of ander rekord nie. Byeenkomste word jaarliks op dieselfde tye en plekke gehou en dit is dus die rekord wat gebreek is. Dit is ʼn baie mooi tyd. Dit sal egter ook afhang hoe naby hy aan sy 11de verjaarsdag is.

Judge Dredd ·

Ek wil nou nie sy bubble blaas maar sy groei fase le nog voor – andersins veels geluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.