‘Superman’ se Lois Lane sterf

Margot Kidder. Foto: Facebook via Superman: The Movie.

Margot Kidder, die aktrise wat bekend is vir haar rol as die joernalis Lois Lane in die Superman-flieks, is in die ouderdom van 69 oorlede.

ʼn Begrafnisondernemer in die deelstaat Montana in die VSA het dié nuus Maandag bekend gemaak.

Kidder is glo Sondag in haar huis in Livingston in Montana oorlede. ʼn Oorsaak van haar dood is nog nie bekend gemaak nie.

Kidder is in Kanada gebore, maar het in 2005 ʼn Amerikaanse burger geword.

Kidder was veral bekend vir haar rol as Lane toe sy teenoor Christopher Reeve gespeel het in Superman in 1978, Superman II – Alone Against All in 1980, Superman III – The Steel Lightning in 1983 en Superman IV – The World on the Edge in 1987.

Sy was ʼn aktivis vir geestesgesondheid-afwykings en het aan bipolêre versteuring gely.

Superman: The Movie se span het op Facebook hulde betuig: “Rus in vrede, Margot Kidder, ons onvergeetlike Lois Lane.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cathy ·

RIP Margot Kidder. As klein dogtertjie was jy amper net so hero vir my soos Superman…

Oom Kalahari ·

Dankie vir baie jare se vermaak en as jong kind het ons jul flieks geniet Lois. RIV Margot Kidder en alle medelye en sterkte aan jou familie, vriende en Kollegas in die film bedryf.

VanAfrika ·

Nou vlieg sy saam met Superman en die Engeltjies in die hemel rond.

Tania Heyns ·

Dagsê Gerhard

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.