Susan Boyle aangeval, beledig

Susan Boyle (Foto: Facebook)

Die Skotse sangeres Susan Boyle word glo al ʼn geruime tyd geteister deur ʼn groep van sowat 15 jong seuns in haar tuisdorp, West Lothian in Skotland. Na bewering word sy getart, beledig en aangeval.

ʼn Familielid van Boyle het vandeesweek gesê die getart en dreigemente aan haar word só erg dat sy en haar bestuurspan oorweeg om die polisie by die saak te betrek.

Volgens die The Mirror kan dié groep seuns, almal tussen die ouderdomme van 16 en 18, ook verbind word met talle ander klein misdade in die omgewing.

Die groep seuns het die sangeres glo beledig, ʼn bus waarin sy gery het met klippe bestook en in ʼn ander geval ʼn papier aan die brand gesteek en dit in haar gesig gegooi. Volgens The Mirror het die seuns haar ook al met los items gegooi.

Die familielid het gesê Boyle is nie daartoe in staat om sulke gedrag bloot af te skud nie, grootliks as gevolg van Asperger se sindroom waaraan sy ly en wat veroorsaak dat sy dit nie noodwendig kan verwerk nie.

Boyle se bure het glo ook al oor die seuns gekla. Volgens een van haar bure het die groep seuns al rassistiese aanmerkings oor haar gemaak en haar met ʼn glasbottel gegooi.

Die sangeres wat tweede plek verower het in die Britain’s Got Talent-werklikheidsreeks van 2009, bly steeds in die raadsbehuising waarin sy grootgeword het. Sy het dié huis gekoop kort ná haar deelname aan die reeks. Hoewel sy ook ʼn ander huis in dieselfde dorp gekoop het, kon sy glo nie “aan die plek gewoond raak nie”, en het daarom die huis vir ʼn familielid gegee.

Boyle is bekend daarvoor dat sy nie spandabelrig of in weelde leef nie. The Mirror het vroeër berig dat die duurste items in haar huis ʼn pelsjas en ʼn bottel Chanel No. 5-parfuum is.

Dít alles ten spyte van die feit dat sy na raming sowat R360 miljoen sterk is.

Boyle se bestuurspan het egter gesê indien die polisie nie vir die gemeenskap in die bres tree nie, sal haar toekoms in West Lothian heroorweeg moet word.

Bron: Daily Mail, The Mirror

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Yvonne ·

Ek stem. Die opvoeding van meeste kinders en jongmense deesdae laat veel te wense oor. Daar is geen repek meer oor vir ander nie en ek begin al meer dink dat iemand wat die tipe gedrag openbaar ook geen selfrespek het nie.

Cherokee ·

Het Susan Boyle opgehou sing of waarom hoor mens nie meer van haar nie? Dit is een van die lekker videos om te kyk waar sy die beoordelaars verras, verstom en kritici uitkikker tydens haar eerste vertoning.

gatiep ·

Ek sou nooit so iets verwag het van die skotte nie altyd gedog hulle is mense met goeie opvoeding.

C ·

Gatiep, ek stem saam. Ek het self so gedink, maar dit blyk die hele wereld is in rep en roer. Daar is nerens meer n plek van vrede nie……oral gaan dit agteruit en nerens is daar meer respek nie.

Immigrasie ·

Oumense en ander sagte teikens in dorpe en stede regoor europa word geteiken deur jong immigrante. Ek het dit persoonlik gesien, baie!

G ·

Asperger se sindroom waarin sy ly? Moet dit nie wees ‘waaraan sy ly’ nie? En ja, ek weet ek is nou soos ‘n ou tannie met ‘n nat broek…

Cyril Blackburn ·

Dagsê G

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Abie Blaauw ·

As hulle “rassitiese” opmerkings maak – van watter “ras” sou hulle dan wees? Is hulle Skotte of is hulle dalk immigrante? Kan iemand dalk sê ? Indien hulle nie Skotte is nie, is hierdie gedrag verstaanbaar, gegewe die swak gedrag wat toenemend deur sommige immigrante ten toongestel word. Seg ek niks meer verder nie, behalwe dat Susan Boyle ‘n paar privaat sekuriteitsmanne kan bekostig wat hierdie rampokkers blitssnel op hulle plek kan sit….

Gert ·

As hulle rassistiese opmerking teenoor haar maak van watse ras is hulle dan?

Charles Rossouw ·

Hulle het haar rassistiese aangemerkings toegesnou, maw dalk is hul immigrante. Dalk ook Engelse Britte…

gatiep ·

Hehe Charles jy kan dalk reg wees dat hulle engelse britte is.
Ek het gesien daai witmense in engeland skree rassis vir ander witmense wat teen imigrasie is.Eendag meskien net voor dit te laat is sal die klomp engelse wakker word daar.

Jakalas ·

Wys maar net, tot in Skotland kan die polisie nie ‘n veer gee as iemand hulp kort van hulle af nie. As die seuns probleme maak, moet hulle mos van die gemeenskap verwyder word.

John ·

?.. en almal laat dit maar aangaan, totdat sy erg beseer word… Wat het Boyle nou eintlik gedoen on dit te verdien? Dis ‘n ou pes wat nou weer regoor die wereld uitbreek… Destyds is dit barbarisme genoem… Miskien moet ons eerder verwys na die tydvak van ‘human wrongs’ as … ‘rights’… en beskerm die wet orals nou eerder onverdraagsaamheid en chaos… Op watter speek in die ou draaiende wiel rus ons tans?

marous ·

Met daai antie se arms sou ek nie gewaag het om ‘n aanmerking oor haarstyl te maak nie …sy sal kan klap dat dit spat.

Chris ·

Sy verdien dit nie! Sy het ‘n stem waarop daardie kinders slegs jaloers kan wees. Sy het immers haarself al in die lewe bewys. Well done Susan!!

ELize ·

Dis n skande, sies man!!!!!!!!! Daardie seuns moet vasgevat word, regtig!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.