Susters takel veiligheidswag met mes oor gesigsmaskers

Jessica en Jayla Hill (Foto: Cook County Jail)

Twee susters van die Amerikaanse deelstaat Illinois is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n veiligheidswag 27 keer met ’n mes gesteek het toe hy hulle in ’n winkel aangesê het om gesigsmaskers te dra en handreiniger te gebruik.

Jessica en Jayla Hill het Sondag by ’n skoenwinkel in Chicago ingestap toe ’n 32-jarige veiligheidswag hulle versoek het om gesigsmaskers aan te sit en van die winkel se handreiniger te gebruik.

CNN berig die veiligheidswag se versoek het in ’n woordewisseling ontaard waarna Jessica (21) glo ’n mes uitgepluk en die veiligheidswag 27 keer in sy rug, nek en arms gesteek het.

Dít terwyl haar 18-jarige suster Jayla hom aan die hare vasgehou het.

The Washington Post berig die veiligheidswag kon daarin slaag om uit die susters se greep te ontsnap waarna hy gehelp het om die susters in die winkel te hou totdat die polisie opgedaag het.

Hy is tans in ’n stabiele toestand.

Die susters is ná die voorval na ’n hospitaal geneem vir ligte snywonde. Hulle is sedertdien borgtog geweier en sal na verwagting op 4 November weer in die hof verskyn.

Albei staan tereg op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mariana ·

Poging tot moord is reg. Hy kon dood gewees het. Liewe aarde die man het net sy werk gedoen.

Nie Verbaas ·

Mooi so BLM. Julle kla dat julle onregverdig behandel word maar dan doen julle dit?

stokkies ·

Soortgelyk met my gebeur, toe ek klant vra om masker aan te sit toe word ek geskel en gespoeg.

stokkies ·

Makliker gesê as gedaan as jy ‘n blanke vrou is en kliënt ‘n nie blanke man en dan sal hy nog sê hy sal jou vermoor? En ander kliënte is ook nie blank…. so op daai oomblik staan jy heeltemal alleen.

JohanR ·

Hulle lyk glad nie te intelligent nie. Het hulle miskien familie in die EFF?

Rose ·

Hulle lyk nie baie spyt oor hul daad nie. Daar was seker n hengse uitverkoping van skoene, en hulle bang hul mis iets. Reels geld mos net vir pary mense.

Erika ·

Hoekom Iemand aanval bloot omdat hy sy werk doen om vir jou te vra om handreinigers en Maskers te dra.en geweldadig te raak daaroor ……-Klink soos ons sirkus hier, soos hulle konflik uitsorteer en dan te se “wasnt me”… I dont know…

Nozi ·

Hardloop broer hardloop. Hulle lyk sommer so op die oog af baie gevaarlik.

isabelle ·

ek het daai fotos net so gekyk en gedink… PROBLEME….sjoe dis bitter hartseer dat mense so ongevoelig kan wees Hul behoort dan mos nie tussen normale mense nie …..klink harteloos…hoop nie hul het diere nie JOH

Genis ·

Liewe ouers… gogga maak vir baba bang… ja nee reg oor die wereld maar problem met hulle…

Sage ·

Jammer julle maar ek begin ook nou al voel om mes uit te ruk. Nie om die sekuriteit aan te val nie maar om die masker van my gesig af te sny. Dis somer en ek is op die ouderdom waar ek “hot flushes” kry! Ek raak so benoud dat ek vir myself bang word! Voel of ek nie kan hoor of sien met die masker op nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.