Swaarder vonnis vir ouma wat kind met das verwurg

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Nieu-Seelandse ouma wat skuldig bevind is dat sy haar 13-jarige kleindogter verwurg het, is ʼn selfs swaarder vonnis opgelê nadat die hof haar aanvanklik nie tot lewenslange tronkstraf gevonnis het nie.

Lorraine Smith (61) het vroeër skuldig gepleit op aanklag dat sy haar kleindogter Kalis Smith in 2019 in hul huis in Whanganui verwurg het. Sy het ʼn das gebruik om die kind mee dood te maak.

The New Zealand Herald het vroeër berig Smith en Kalis was in Maart 2019 in ʼn bittere twis betrokke. Smith het Kalis glo gevra om na buite te gaan om vensters toe te maak, waarna sy die das op die kombuistafel gegryp, dit om Kalis se nek gedraai het en haar daarmee verwurg het.

Tydens vonnisoplegging het die hof gehoor Smith was ʼn toegewyde ouma, maar dat sy ly aan versorgings-uitbranding omdat sy na haar drie kleinkinders omsien en haar eie geestesgesondheidsprobleme probeer hanteer, het Stuff berig.

Die regter het Smith se geestesgesondheid in ag geneem en het bevind sy het opregte berou en skuld getoon vir die omstandighede rondom haar kleindogter se dood.

Die hof het haar ʼn vonnis van 12 jaar tronkstraf opgelê.

Die saak is egter na die appèlhof verwys waar dié vonnis vroeër vandeesmaand omgekeer is.

Die hof het bevind gegewe die omstandighede van Kalis se dood, sowel as haar kwesbaarheid, is ʼn lewenslank as vonnis nie onbillik nie.

Die hof het voorts gesê Smith het haar kleinkind doelbewus op dié manier vermoor en dat dit boonop ʼn growwe skending van vertroue was.

Haar vonnis is daarna tot lewenslank verander. Sy kan eers ná tien jaar aansoek doen om parool.

Kalis het by Smith gewoon vandat sy skaars ʼn maand oud was. Sy het ook ʼn suster Paris (21) en ʼn broer Lexus (18). Stuff het berig Kalis het nooit werklik haar ma leer ken nie en haar pa was glo in en uit die tronk en nie betrokke by die kinders nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
melaney

Nadat ek sekere nuus gelees het is ek spyt ek het dit gelees. Ek voel nou eintlik naar op my maag.

isabelle

joh n ouma is jou veilige plekkie n ouma is vol bederfies n ouma hou jou besig en gee liefde Daai vrou kan nie n ouma genoem word nie MAAR WEL N MOORDENAAR sjoe

Belinda

Shame, dis tragies. Miskien het die ouma se geestestoestand net die betere van haar gekry dat sy het nie besef het wat sy gedoen het nie. Soms verloor mens dit en besef eers later “wat het ek gedoen” . Onthou baie se gedult word minder soos jy ouer word. Ek praat niks goed nie maar sjoe, dis erg…