Swaarste reënval in eeu eis talle in Brasilië

‘n Motor is deur die vloedwater meegesleur in Bilo in Minas Gerais. (Foto: Gustavo Andrade, AP)

Minstens 62 mense is dood nadat Brasilië vandeesweek die swaarste reënval in 110 jaar ervaar het.

Altesaam 101 dorpe in die staat Minas Gerais het ʼn noodtoestand verklaar nadat sowat 28 000 mense noodgedwonge hul huise in dié staat moes verlaat weens oorstromings en modderstortings.

Belo Horizonte, die hoofstad van Minas Gerais, het Dinsdagaand 180 mm reën binne drie uur gekry, wat strate verspoel en infrastruktuur grootskaals beskadig het.

Weervoorspellers voorspel boonop nóg reën en swaar hael in Minas Gerais met ’n waarskuwing wat reeds vir die volgende paar uur hiér uitgereik is.

Minas Gerais het die afgelope week die ergste gebuk gegaan onder storms terwyl ander state in die suidoostelike streek van Brasilië ook reeds sterftes en erge skade aangeteken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Luister ·

Water wes van ons. Vuur oos van ons. Grond hier by ons! Al wat oorbly is Lug!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.