Swak gesondheid stuit nóg Céline Dion-konserte

Céline Dion in September 2018 in Quebec, Kanada. (Foto: Alice Chiche/AFP)

Die Kanadese superster Céline Dion het Saterdag aangekondig dat sy weens gesondheidskwessies nie die Noord-Amerikaanse been van haar Courage-wêreldtoer gaan onderneem nie.

Dion het in Oktober verlede jaar haar konsertreeks by die Resorts World in Las Vegas, VSA – wat in November ná ʼn lang hiatus weens die Covid-19-pandemie hervat sou word – ook uitgestel en in ʼn verklaring gesê sy ly aan wat sy beskryf as “ernstige en aanhoudende spierspasmas”.

Sy het egter destyds gesê sy hoop om teen Maart vanjaar haar wêreldtoer voort te sit, wat in Denver, Colorado, sou afskop, en sy sou daarna vir twee maande na 15 ander stede reg oor die VSA en Kanada reis.

Dié konsertdatums is egter nou ook gekanselleer weens haar “genesing wat langer neem as wat sy gehoop het”, het Dion se bestuur in ʼn verklaring wat saam met ʼn Twitter-inskrywing deur die Frans-Kanadese sangsensasie uitgereik is, gesê.

Volgens die verklaring het Dion 52 konserte as deel van haar Courage-wêreldtoer aangebied voor die aanvang van die pandemie in 2020 en sy beplan om steeds die Europese been van haar toer op 25 Mei vanjaar in Birmingham, Brittanje, af te skop.

“Ek het werklik gehoop ek sou teen dié tyd gereed wees, maar ek skat ek sal seker geduldiger moet wees,” het die sangeres (53) op Twitter geskryf.

“Ek sal so bly wees om weer heeltemal gesond te wees en vir almal van ons om deur hierdie pandemie te druk. Ek voel julle liefde en ondersteuning en dit beteken die wêreld vir my,” het Dion gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

VaalDonkie ·

Dis wat gebeur as jy jou hele lewe lank Frans moet praat. Maar ek hoop sy word gou gesond.

Mariaan ·

Sy het nogal siek gelyk op fotos…BAIE maer…en was tog so mooie vrou…hoop sy is ok

Daleen ·

Sy IS’n mooi vrou Mariaan…. Net omdat sy siek is en gewig verloor het maak dit haar nie minder mooi nie.

Mariana ·

Sy lyk deedae anoreksies. Haar gesondheid het begin kwyn na haar man se dood. Mens kon die agteruitgang duidelik sien. Kan haar net sterkte toewens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.