Swartrenoster-bevolking neem toe

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

Die Wêreldbewaringsunie (IUCN) het gesê die getal kritiek bedreigde wilde swartrenosters het die afgelope ses jaar met ongeveer 800 toegeneem.

Die swartrenosterbevolking in Afrika het jaarliks met ongeveer 2,5% toegeneem van ʼn geraamde 4 845 renosters tot 5 630 renosters in die natuur. Navorsing dui op ʼn verdere toename oor die volgende vyf jaar.

Dr. Grethel Aguilar, waarnemende direkteur-generaal van die IUCN, het gesê alhoewel Afrika se renosters hoegenaamd nog nie teen uitwissing beveilig is nie, is die voortgesette stadige toename in die getalle ʼn getuienis van die enorme pogings wat in lande gemaak word waar die spesie voorkom en ʼn kragtige teken aan die wêreldwye gemeenskap dat bewaring ʼn impak maak.

“Terselfdertyd is dit ook duidelik dat daar geen ruimte is om agteroor te sit nie, omdat stropery en onwettige handel steeds ʼn bedreiging inhou.”

HelpingRhinos.org sê renosters is ʼn kritiek bedreigde spesie met minder as 30 000 renosters in die natuur. Teen die aanvang van die 20ste eeu was daar meer as 500 000. Menslike aktiwiteit het tot die dramatiese afname in renostergetalle gelei. Aanvanklik het getalle gedaal weens renosterjag, maar vandag is die grootste bedreiging stropers en ʼn verlies aan habitat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan Venter ·

Pragtig man, Rhino at work! 10/10 vir natuurbewaring.

werner ·

Awesome vir die persone betrokke by die vermeerdering van die swartrenoster julle het n asemrowende dier gehelp van uitsterf sodat ons nageslag die wonderful swartrenoster in lewens lywe kan sien ,dankie vir julle bydrae en hulp om ons natuur te bewaar

Stofdonkie ·

Wettig nou net die gereguleerde verkoop van renoster-horing. Sou dit gebeur gaan boere dan hulle renosters se horings stroop en die mark so oor-voorsien van horing dat die waarde gaan val. Grootste rede vir die renoster-stropers is die hoë waarde van renoster-horing. Vinnigste manier om enige dier na bedreiging te lei is om ‘n staaf goud op sy neus vas te maak. As die horings nie meer so hoë waarde het nie gaan boere weer renosters wil aanhou op hulle plase en sal die populasie sommer gou weer herstel.

Grassie ·

Dit is darem een brokkie goeie nuus op hierdie droewige dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.