Swede stel weer grensbeheer in

Argieffoto/Jaz O'Hara/Facebook

Argieffoto/Jaz O’Hara/Facebook

As vlugtelinge gevra word waarheen hulle op pad is, is die antwoord meestal Duitsland of Swede.

Swede het egter intussen aangekondig dat sy grense strenger beheer gaan word. Alle treine, motors en veerbote, veral van die suide, sal vir 10 dae lank beheer word en daarna kan die noodmaatreëls herhaal word vir 20 dae op ʼn slag. Swede is deel van die Schengen-state en het reeds jare lank geen grenskontroles nie.

Sedert September het ʼn geskatte 80 000 vlugtelinge Swede bereik en die situasie is besig om buite beheer te raak. Die Sweedse minister, Anders Ygeman, het gesê die maatreëls is nodig omdat ʼn rekordgetal vlugtelinge die afgelope weke Swede binnegestroom het.

Swede het nie nog geskikte behuising vir al die vlugtelinge nie en dit is nou winter in Swede, volgens Mikael Hvinlung, spreker vir die Sweedse departement van migrasie. Die Sweedse minister, Morgan Johansson, het reeds onlangs genoem dat die grens van hulp vir vlugtelinge reeds bereik en uitgeput is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andre Louw ·

Dis nou dieselfde Swede wat hulself hees geskree het oor apartheid!

Pieter V ·

Ja dis n tragedie wat in swede afspeel,die leiers in swede het hul eie mense verstoot en vervolg as die sweedse burgers iets se vir of oor die immigrante dan was dit haat spraak,maar die immigrante was beter behandel as die swede self. verkragtings het met 1400% Toegeneem en die polisie is bang vir die immigrante.

chrisp ·

NEE NEE NEE.

Maak oop julle grense julle pleeg mos nou Apartheid(daai woord wat julle so verafsku).

Of begin julle nou verstaan?

Genis ·

Die Sweedse patriotte het ‘n tyd gelede die nuwe Suid Afrikaanse vlag in die openbaar verbrand. Hulle het ook tydens ‘n bewusmaking veldtog daar pamflette uitgedeel oor ons plaasmoorde. Ek het vir hulle e-pos gestuur om dankie te sê. Net soos ons is hulle almal nie so nie.

Gideon ·

Swede, julle het groot moeilkheid!! Julle was bitter slim om destyds so voorskriftelik teen SA op te tree. Volvo moes onttrek en wie weet wat nog als, die wiel draai stadig maar seker!

Reinhardt ·

Ek het gister vir die eerste keer n paar videos gekyk oor al die immigrante wat Swede en Duitsland ingedring het. Dit is belaglik. Daardie statistiek van Pieter V is korrek, verkragtings het erg toegeneem met bykans alle verkragters buitelanders en 9/10 slagoffers Sweedse vrouens.

Ek stem glad nie saam met apartheid of die beginsels daarvan nie, maar ‘n land moet omsien na sy eie mense eerste. En alle kulture en tale binne daardie land moet bewaar word.

nugtere denke ·

hou dop : dieselfde swede en hollanders wat nie genoeg kon se oor die ou suid-afrika nie, gaan teen 2030 dieselfde beleid volg.

chrisp ·

Reinhardt.
Vergewis jou eers oor apartheid voordat jy dalk met jou voet in jou mond sit.Die beginsels van apartheid sal ek se is rofweg in my opinie 70+% reg .Dat daar uiterse swak wette was is ook waar maar hulle was by verre in die minderheid. Hou die nuus gerus dop oor die volgende paar jare en kyk watter lande gaan met geweld en terrorisme ‘n probleem kry 90%+ gaan reenboog lande wees.

Die basis van apartheid was dan om volkere apart te hou .Dink jy nou werklik as die Swede die immigrante nie toegelaat het nie(hulle bly apart van hulle) sou hulle die probleem nou gehad het? Ek se jou hulle sou nie. So wat is die oorsaak ?Dit is mos voor die hand liggend of hoe?

Dink vir jou self, as die RSA so uiters wreed was teenoor swartmense waarom het ons, ons landsgrense beskerm? Ek was deel van so ‘n span in die SAW en kan jou verseker dat amper 100% van die mense wat ons gevang het kom werk soek het hier, dws in die bose apartheid staat en dit uit ‘n “vry” land of dan lande.
Dit maak mos geen sin nie ?

Rynhardt ·

Ek wil dit net duidelik stel, daai Reinhardt is nie ek nie, spelling verskil! Swede was destyds groot ondersteuners van die Anc.Dit gaan nie nou help om grense te sluit nie, probleme gaan erger raak vir Europa.

pop ·

Almal wat so vlugtelinge om die hals val gaan nog agterkom dis adders wat hulle aan die boesem vertroetel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.